UP

Shape Image One

REGISTREER NÓÚ

Lynette Beer-opleidingskursus
Understanding Personalities At Work

Kennis oor die mense saam met wie jy werk se persoonlikhede, wat hulle motiveer en watter sterk en swak punte hulle het, is belangrik vir effektiwiteit en ’n goeie werksverhouding. Dit maak nie saak of jy ’n bestuurder, ’n toesighouer, ’n spanleier of ’n gewone werknemer is nie.

Registreer
Méér oor… OPLEIDINGSKURSUS
Aanbieders

’n Onderneming wat registreer kry

• Onbeperkte toegang tot die 4 ure-opleidingskursus

• Die werksboek

• 20 videosessies deur Lynette Beer

• 4 groepsessies deur Lucia Dramat

• Temperamenttoets

Die opleidingskursus is in Engels aangebied, en word aanlyn uitgesaai!

R1500 R2000 for five

Méér oor die opleidingskursus
Understanding Personalities At Work

Do you recognize these people?

Die wysneuse. Hulle is arrogant en het gewoonlik ’n opinie oor alles.

Die suurstofdiewe. Hulle is nie bereid om ’n opinie te waag nie en jy weet nooit waar jy met hulle staan nie.

Die diktators. Hulle tree op soos boelies en is intimiderend, veeleisend en krities.

Die jabroers. Hulle sê “ja” vir elke opdrag wat na hulle kant toe kom, maar voer dit nooit volledig uit nie.

Die nat vadoeke. Hulle is gou om te voorspel waarom iets nie gaan werk nie.

Die klakouse. Niks is ooit volgens hulle sin nie. Hulle sal eerder kla as om na oplossings te soek.

Jy herken hulle, nie waar nie? Dis die mense saam met wie jy werk …

Wat het persoonlikheid daarmee te doen? Alles!

Persoonlikheid is wie ons is en hoekom ons op ’n bepaalde manier optree. Ons persoonlikheid bly dus dieselfde oor tyd en in verskillende situasies.

Die meeste mense het sekere gewoontes, gesetel in hulle persoonlikheid, wat hulle optrede dryf. By die werk kan hierdie eienskappe bots, veral wanneer ons byvoorbeeld ’n taak saam met ander moet afhandel.

“Om kollegas te help om die verskille tussen hulle te verstaan en te waardeer, is die beste manier vir gesonde en produktiewe verhoudings by die werk,” sê <strong>Lynette Beer</strong>, verhoudingskundige en die aanbieder van die opleidingskursus UNDERSTANDING PERSONALITY TYPES AT WORK.

’n Span bestaan uit individue, en persoonlikhede kan óf die sement wees wat die span bymekaarhou óf die beitel wat die span uitmekaar laat spat.

Spanlede moet lekker kan saamwerk en mekaar goed kan aanvul, wat moontlik is wanneer jy jou eie persoonlikheid en dié van jou kollegas verstaan.

Kennis oor wat jou motiveer, jou sterk en swak punte en watter metodes die beste vir jou werk, kan help om jou energie en produktiwiteit ’n hupstoot te gee.

Dit maak nie saak of jy ’n bestuurder, ’n toesighouer, ’n spanleier of ’n gewone werknemer is nie.

Elke onderneming en organisasie het die natuurlike ROOI leiers, die gewilde GEEL bondels energie, die vredeliewende GROEN omgeemense en die detailgeoriënteerde BLOU perfeksioniste nodig.

Wat beteken dit om ’n ROOI, GEEL, BLOU of GROEN persoonlikheidstipe te wees? Die GEEL en ROOI temperamente is ekstroverte. Hulle is natuurlike leiers met baie energie. Een van die groot verskille tussen hierdie twee temperamente is dat GEWILDE GEEL mensgerig is, terwyl RASENDE ROOI taakgerig is.

GERUSTE GROEN en BESLISTE BLOU is introverte, en BESLISTE BLOU is die grootste introvert van almal. Hulle is op hulle gelukkigste wanneer hulle geen kontak met ander mense buite hulle klein, bekende sirkel vriende en familie hoef te hê nie.

GERUSTE GROEN is meer mensgerig en kan ander se seerkry baie persoonlik opneem. Hulle hou niks van konflik nie en het konstante aanmoediging nodig om dinge gedoen te kry.

’n Bewustheid van die mense saam met wie jy werk, is belangrik vir effektiwiteit en ’n goeie werksverhouding.

“Om die verskille tussen kollegas te ken en te verstaan – en die meeste van daardie verskille te maak – is nie net goed vir elkeen betrokke nie, dis goed vir die onderneming ook,” sê die lewens- en besigheidsafrigter, <strong>Lucia Dramat</strong>.

Wanneer al die spanlede mekaar se persoonlikheidstipes leer ken, sal hulle hulleself én hulle kollegas beter verstaan. Dis ’n situasie waar almal wen!

Wanneer jy leer hoe jou persoonlikheid verskil van jou kollegas s’n en uitvind hoe julle mekaar kan aanvul, sal jy ’n groter waardering kry vir verskeidenheid, en óók die voordele wat dit vir die span, die werksomgewing en onderneming kan inhou.

Aanbieders