[Week 1] Woensdag

Wees waaghalsig en droom groot!

As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan diƩ wat dit van Hom vra? Matteus 7:11

Dalk het jy lank terug groot drome gedroom oor jou loopbaan, jou huwelik of jou kinders. Maar iewers langs die pad het die lewe gebeur en jy het besig geraak met die rotresies. Jy het jou drome op die rak gaan bĆŖre en heeltemal daarvan vergeet.

Daar is baie dinge wat jou drome kan steel. Miskien het jy misluk op jou pad om hierdie droom ā€™n werklikheid te maak. Dalk het iemand jou seergemaak of vir jou gelag toe jy jou mooi planne met hulle gedeel het.

Weet jy dat dit God is wat daardie droom in jou hart geplant het? Hy het vir jou talente en gawes gegee en Hy wil hĆŖ jy moet dit uitleef hier op aarde. Net jy het die perfekte kombinasie van eienskappe wat nodig is om ā€™n leemte in die wĆŖreld te vul.

Ek wil jou vandag vra om ā€™n paar minute af te knyp en te probeer onthou wat jou kleintyd passie was. Dit wat jy tĆ³Ć© so geniet het, is ā€™n goeie aanduiding van wat jy met jou lewe moet doen.

Vra nou dat Hy jou sal help om jou droom ā€™n realiteit te maak. Vra spesifiek vir deursettingsvermoĆ« en hoop. En dat Hy jou sal wys hoe Hy jou wil gebruik. Net soos jy wil hĆŖ jou kinders moet voorspoedig wees en hulle volle potensiaal uitleef, so wil jou hemelse Pa dieselfde vir jou hĆŖ.

Miskien voel jy dood binnekant en jy dink jy kan nie meer droom nie. Moenie vergeet nie, in Esegiƫl het die Gees gekom en lewe in doodsbeendere geblaas. Dit kan met jou drome, jou huwelik en jou loopbaan ook gebeur!

Wees ā€™n waaghals ā€“ Hy kan vir jou meer doen as wat jy kan bid of droom of dink. Hou jou doof vir ander mense se negatiwiteit en droom groot!