[Week 1] Vrydag

Jou Geestelike Gids

Wat is vir jou die effektiefste manier van leer? Self leer ek maklik deur te lees en deur iets te sien. Ek onthou nie so goed wanneer ek iets net hoor nie. Die vinnigste leer vind waarskynlik plaas wanneer iemand vir jou wys en vertel hoe iets gedoen word. DiĆ© persoon is dan jou gids in ā€™n nuwe vaardigheid of ontdekking.

Moenie bang wees vir die reis na die ontdekking van jou geestelike intelligensie nie. Jy is nie alleen op hierdie reis nie. Dit het Jesus beloof: ā€œEk sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ā€™n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheidā€ (Johannes 14:16, 17).

Dit is in die aard van die Heilige Gees om jou in die waarheid van God se teenwoordigheid in te lei. Hy is jou Geestelike Gids vir hierdie ontdekkingsreis. Dit mag dalk wees dat Hy jou ongemaklik gaan laat voel oor dinge in jouself. Dis goed so ā€“ fokus op dit wat Hy vir jou uitwys, want dis deel van jou groei. Om geestelik intelligent te wees kom neer op ā€™n bewustheid oor wat jy moet vermy en waaraan jy moet aandag gee. Vra die Gees om jou sensitief daarvoor te maak. Die Gees ken God se wil en sal jou pertinent wys wanneer jy nie in daardie rigting beweeg nie.

Die Heilige Gees help jou om sensitief te wees vir ā€™n ontmoeting met God. God praat met ons deur die Heilige Gees. God raak ons aan deur die Heilige Gees. God inspireer ons deur die Heilige Gees. God Ć­s met ons en in ons deur die Heilige Gees.

Geestelike intelligensie herken Ć©n erken die Gees as gids.