’n Goue medalje is ’n wonderlike ding, maar as jy nie vergenoeg is daarsonder nie, sal jy nooit vergenoeg wees daarmee nie.
– Irv Blitzer, Cool Runnings
Wie is jy? Die formule vir die antwoord op dié vraag is vir ons mans eenvoudig. Eers jou naam, dan jou gesin en daarna jou werk. As jy verder wil gaan, kan jy ook die rugbyspan wat jy ondersteun, byvoeg.
Jou identiteit word so maklik bepaal deur hoeveel geld jy kry, waarmee jy ry, waar jy bly. Miskien selfs wie jy vry … Maar wie sal jy wees as jy alles moet verloor?
Die fliek Cool Runnings vertel die storie van ’n bobslee-span van Jamaika. Die afrigter van die span was vir jare in isolasie nadat hy in die Olimpiese Winterspele gekul het.
Op ’n geleentheid het een van die spanlede hom gevra hoekom hy gekul het. Hy het dan reeds ’n klomp goue Olimpiese Spele-medaljes ontvang! Sy antwoord is my gunsteling-aanhaling. Dit behoort te dien as n spieël vir elke man.
Die wêreld wag vir mans wie se hoop en identiteit nie gebou is op brose begeertes nie. Wel op dit wat standvastig en ewig dieselfde is. Die oomblik as jy jou identiteit in Christus vind, gaan jy ten spyte van mislukkings of sukses, altyd vergenoeg wees.
Is jy mans genoeg?
AJ Sutton
Hierdie webtuiste gebruik cookies om ons te help om die beste diens te lewer. Wanneer jy hierdie webtuiste besoek, gee jy toestemming vir die gebruik daarvan. Vir meer inligting, kyk asseblief na die bepalings en voorwaardes in ons beleid. Cookie stellingsAanvaar
Terms and Conditions
Privacy Overview
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. This category only includes cookies that ensures basic functionalities and security features of the website. These cookies do not store any personal information.
Any cookies that may not be particularly necessary for the website to function and is used specifically to collect user personal data via analytics, ads, other embedded contents are termed as non-necessary cookies. It is mandatory to procure user consent prior to running these cookies on your website.
Login
Accessing this kursus requires a login. Please enter your credentials below!