Verstaan selfbesering beter

Mense wat hulself beseer, doen dit bewustelik om emosionele lyding en spanning met fisieke pyn te verlig. Dis hul manier om uiting aan hul gevoelens te gee en hulle loop nie gevaar om weens selfdood te sterf nie.

Redes vir selfbesering

Selfbeseerders:

manipuleer nie ander mense om aandag te soek nie.

sukkel met angs, depressie of vorige traumas.

is nie “mal” of gevaarlik nie.

probeer op so ’n manier in beheer bly.

hoop nie om dood te gaan nie.

Selfbesering is eintlik hulpkrete en pogings tot beheer:

Probeer van eie emosies vergeet.

Wil die gevoel van afgestomptheid beëindig.

Raak ontslae van ’n lae selfbeeld.

Probeer die gevoel van hopeloosheid en magteloosheid beheer.

Probeer in beheer wees van hul eie gevoelens en chaotiese omstandighede.

Gee uiting aan negatiewe gedagtes of gevoelens wat hulle nie in woorde kan uitdruk nie.

Tekens van selfbesering

Onverklaarbare wonde (wat nie versorg word nie) of littekens van snye, krap- en kneusplekke of brandmerke, kom gewoonlik op die gewrigte, arms, dye of borskas voor.

Daar is bloedvlekke op klere, handdoeke, beddegoed of sneesdoekies.

Lemmetjies, messe, naalde, glasskerwe of botteldoppies is in die persoon se besit.

Lompheid en gereelde “ongelukke” word as redes vir die beserings gegee.

Langmouklere word gedra, al is dit baie warm.

Selfbeseerders bring baie tyd alleen deur, veral in die slaap- of badkamer.

Geïrriteerde gedrag is algemeen.

Onbeheerde drankmisbruik kom voor.

Hulle eet te min of te veel.

Hulle gebruik dwelms.

Hulle stem in tot onveilige seks.

Pak die probleem aan

Wanneer jy jouself beseer, moet jy onmiddellik professionele hulp kry. Laat ’n sielkundige jou evalueer om die terapie en moontlike medikasie te bepaal.

  1. Wat is die werklike oorsake waarom jy jouself beseer?
  2. Watter gevoelens skep by jou die behoefte om jouself te sny of te beseer? Hartseer? Woede? Alleenheid? Skuldgevoelens?
  3. Wanneer jy weet wat hierdie snellers is, kan jy gesonder alternatiewe identifiseer om die probleme te hanteer.

Wat dryf jou tot selfbesering?

 

Kyk of daar sekere patrone is. Jy sal dan weet wat aanleiding gee tot selfbesering en wanneer jy op die volgende selfbeseer-episode afstuur. Gebruik die volgende riglyne om vas te stel of daar herhalende patrone is:

Herken die snellers

Snellers is dit wat jou dryf om jouself te beseer, bv. mense, situasies, spesifieke sensasies, gedagtes of gevoelens. Maak kort aantekeninge van dit wat gebeur het net voordat jy jouself beseer het:

Het jy aan iets spesifieks gedink?

Het ’n spesifieke situasie, persoon of beeld jou aan iets onaangenaams of moeiliks herinner?

Raak bewus van die drang om jouself te beseer

Fisieke veranderinge wat ervaar kan word:

hartkloppings of ’n gevoel van swaarmoedigheid

sterk emosies soos hartseer of woede

’n verlies aan sensasie

herhalende gedagtes, bv. “ek gaan myself sny”

ongesonde besluite, bv. werk lang ure om negatiewe gevoelens te vermy

Wanneer jy van hierdie drange bewus raak, sal dit jou help om selfbesering-episodes te verminder of daarmee op te hou.

AandagafleiersWanneer jy die drang om jouself te beseer vervang deur iets anders om jou aandag af te lei, stel jy die selfbesering uit en uiteindelik kan die intensiteit van die drang afneem. Doen dit wanneer die behoefte ontstaan of wanneer jy bewus raak dat jy besig is om jouself te beseer.

 

In die praktyk:

Mense wat hulleself sny en beseer, manipuleer nie ander mense om aandag te soek nie. Hulle sukkel met angs, depressie of vorige traumas. Hulle probeer om van hulle eie emosies te vergeet en die gevoel van magteloosheid en hopeloosheid te beheer. Hulle kan meestal nie hierdie gedrag op hulle eie beëindig nie.

Kliek hier vir jou selfdoen-werkbladsye: “Verstaan selfbesering beter”