Ten slotte

Kyk nou die video: “Kyk mooi na jouself”.

Ons almal voel van tyd tot tyd oorweldig. Die enorme taak en verantwoordelikheid van kinders grootmaak tesame met die eise van die daaglikse lewe kan ons moedeloos maak. Voeg daarby die vyand wat tot elke prys die gesinstruktuur wil vernietig en verhoudings wil vertroebel.  Wanneer jy so voel, is dit goed om terug te keer na die basiese dinge.

Kyk na jouself.

Kyk wat jy eet en drink, wanneer jy oefen, hoeveel jy slaap en hoeveel tyd jy in die Woord deurbring. Herinner jouself daaraan dat jy baie het om voor dankbaar te wees en skryf dit neer.

Gryp na een van die idees in hierdie boek en doen dit.

Probeer dit net. Al is dit net vir vyf minute.

Gebruik jou alledaagse oomblikke met jou kind en maak dit goue konneksie oomblikke.

  • Konneksie oomblikke is pret-oomblikke.
  • Dit is oomblikke waarin jou kind se brein gebou word.
  • En wanneer uitdagende gedrag verminder word.

Dit verander jou ouerskapreis van ’n oorlewingsreis na ’n oorwinningsreis. Die resultaat is ’n verhouding van floreer en ’n kind wat blom. Dit gaan nie altyd maklik wees om prettige verhoudings-bou-oomblikke met ons kinders te hê nie. Natuurlik gaan daar moeilike tye wees – tye wanneer jou kind uitdagende gedrag gaan toon, wanneer nie hy, sy of jy lus is vir mooipraat en konneksie nie. Daar sal tye wees dat julle argumenteer, rebelleer en wanneer julle primitiewe breine domineer. Jy sal wonder hoe ’n mens ’n verhouding bou wat die aanslae van die wêreld gaan oorleef.  Maar dit is juis dan dat jy moet terugkeer na die konneksie-deel van julle daaglikse interaksie. So sal jy met vertroue jou kind die wêreld in kan stuur waar hy met selfvertroue, durf en veerkragtigheid die storms van die lewe kan trotseer.

Met elke positiewe prettige interaksie wat jy met jou kind het word boustene gevorm wat mettertyd die fondasie is vir ’n slim brein en ’n oulike kind.

We’re all imperfect parents,and that’s perfectly okay.Tiny humans need connectionnot perfection.