LES 21 – As jy moed verloor – onthou vyf ankers

[VIDEO] Vyf ankers vir jou kind
Met hierdie basiese beginsels in plek, bly julle geanker in gesonde verhoudings.

Wanneer ons begin om die riglyne uit ’n boek of die lesse soos in hierdie kursus toe te pas, duik daar vrae en onsekerhede op. Ons raak dalk in detail of in ooranalise van die profiel verstrengel. Ons kan maklik perspektief verloor wanneer een klein dingetjie tussen ons en ons kinders nie wil verbeter nie.