LES 20 – Kombinasies en planne wat werk

Soms – eintlik amper altyd – is ’n kind of volwassene se temperament ’n mengsel van veral twee boomsoorte. Soms is die twee boomsoorte verwant, byvoorbeeld albei is taakgerig, of albei is energiek en gedrewe, maar soms is daar die uiterste uiteenlopendheid binne een persoon.

Dit kan ons nogal verwar. Om daardie rede gee ek ’n opsommende beeld van elke kombinasie.

As die een helfte van ’n seun se temperament byvoorbeeld uitgaande (palmboompie) en die ander helfte effens skamerig (denneboompie) is, gaan dit afhang van sy unieke kombinasie of hy spontaan of skaam gaan wees.

Hy gaan moontlik in bekende omgewings en tuis by sy gesin meer na ’n palmboompie en by die skool meer na ’n denneboompie lyk. As hy egter die jongste is en effens deur sy boeties gedomineer word, sal hy tuis meer na ’n denneboompie lyk en miskien in die skool sy palmboomstreke gaan uitleef.

My dominante temperament is dié van ’n sierboom, maar ek het ook heelwat roosboomeienskappe. In ’n werkskonteks wys my sierboomgeaardheid duidelik in my aandag aan detail, my perfeksionisme, die feit dat ek feitlik nooit ’n doeldatum mis nie en in my ontsteltenis wanneer ek oor iets in my werkverrigting gekritiseer word.

My roosboomnatuur slaan deur wanneer ek soos ’n slawedrywer kan raak en geweldig gedetermineerd kan wees. Wanneer ek voor mense praat, vra hulle gereeld of ek nie ’n palmboom is nie, want ek raak dan so aansteeklik entoesiasties en vol grappies.

Wat hulle nie weet nie, is dat ek agterna in my kar gaan bewe en wonder of ek nie absolute twak gepraat het nie. Dit is omdat die sierboom in my angsbevange en onseker raak ná soveel blootstelling.

Die roosboom in my wil sommer nog baie boeke skryf, en vir almal voorskryf wat hulle moet doen omdat ek so sterk voel oor ouerskap. My sierboomsy vrees egter weer enige kritiek daarop.

My man weet dus om my soos ’n roosboom te motiveer wanneer ek aan die skryf is, maar die lang, sensitiewe sierboomtone te probeer mistrap wanneer hy kritiek op my werk moet lewer.

Hierdie kombinasies maak dit noodsaaklik om oor al die boompies te lees. My oudste dogtertjie het byvoorbeeld feitlik geen roosboomeienskappe nie, maar benewens haar primêre denneboomtemperament het sy ’n sierboompie se taalvermoë, kunssinnigheid, oog vir detail en emosionele intensiteit. Soms steek ’n lawwe, huppelende palmboompie kop uit.

Ek hanteer haar dus hoofsaaklik met die denneboomhandleiding in my agterkop, maar met ’n paar sierboom- en palm- boomkunsies waar nodig.

Wanneer ons kinders se temperament uit ’n kombinasie van verskeie “bome” se eienskappe bestaan, moet ons elke eienskap hanteer eerder as om te gaan soek na ’n ander etiket. As jy dus ’n boompie het wat nie soos enige een hieronder lyk nie, beteken dit maar net dat jy ’n interessanter geënte boompie met uiteenlopende eienskappe het.

Daar is dalk bloot ’n paar eienskappe van ’n derde boomsoort by of selfs iets van al vier! Jy gaan jou kind se eienskappe in al die lesse soek en jou kind hanteer soos dit in al vier die boomtipes bespreek word, eerder as om een boomsoort se handleiding slaafs te volg.

Jy gaan dalk jou kind se uitbarstings hanteer volgens die roosboompiehandleiding, ernstige gesprekke volgens die denne- boomhandleiding en die dissiplinetegnieke van die palmboompie die nuttigste vind.

Breinvoorkeur of -dominansie en geslag speel ook ’n rol in hoe ons ons kinders beleef. Ek voeg dus ook hierdie perspektief by.

Omdat kombinasies en die verhoudings tussen die twee dominante temperamentstipes so geweldig kan wissel, beskryf ek telkens die mengsel so akkuraat as wat ek kan, maar die individue gaan uiteraard geweldig verskil.

Jy en jou kind gaan bes moontlik nie presies soos die beskrywing wees nie, maar jy gaan heelwat raakpunte sien.

Die palmrosie: wat jy moet weet van dié kind

  • Palmrosies is die ywerigste praters en daarom gewoonlik van die oulikste kinders – vol grappies en oorspronklike sêgoed en daarmee saam nogal vrypostig ook.
  • Hulle het die beste selfbeeld van al die Hulle prys graag hulle eie stert.
  • Hierdie outjies het die ergste woede-uitbarstings van almal en neem baie lank om beheer oor hulle emosies te Hulle lyk maklik buite beheer en ongedissiplineerd vir ouers met “soeter” kinders.
  • Palmrosies het die meeste energie en lewenslus en word baie maklik met hiper- aktiwiteit en ander aandagstoornisse gediagnoseer. Hulle is altyd op ’n missie, en dit bots gewoonlik met ons s’n.

As ons nie op die positiewe daarvan fokus en besef dat hulle op pad is om produktiewe, aktiewe, vindingryke volwassenes te word nie, kan ons hulle te ferm vasvat en die vlammetjie blus.

Pasop vir medikasie om hierdie outjies “rustig” te maak. Party mense is nie geskep om rustig te wees nie! Net ’n spesialis behoort ’n diagnose van hiper-aktiwiteit te maak, en dit moet op meer as gedragwaarneming gebaseer word.

  • Palmrosies is by verre die “stoutste” weens hulle gekombineerde drang om te ontdek en te Hulle het baie ruimte en vryheid nodig en net die nodigste onbeweeglike grense wat hierdie groot gebied afbaken. Onnodige reëls en beheer maak hulle erger!
  • Tensy hulle kreatiewe onderwysers het, sal hierdie outjies sukkel om “vervelige” skoolwerk te Dit is te passief vir hulle as alles net agter die boeke afspeel. Hulle moet baie aktief onderrig word as hulle akademies gaan uitstyg.
  • Palmrosies is nie besonder leerbaar nie. (Ek probeer dit so sag moontlik stel!) Hulle ouers kan vind dat wat hulle ander kinders in een jaar leer, na vier of vyf jaar nog nie by hulle palmrosies ingesink het nie.

Ek het my vierjarige palmrosie eendag baie moedeloos gevra hoe lank hy gaan neem om te leer toemond kou. Hy het sonder aarseling gesê: “Ek sal toemond kou wanneer ek veertien is.”

  • Maniere kom by hierdie outjies net so stadig soos Hulle is nie so gepla oor wat ander dink nie, en ook nie of ander hulle eetlus verloor oor hoe hulle aan tafel te kere gaan nie. Hulle wil net dinge op hulle manier doen, en wil beslis vinnig en vermaaklik eet – nie verfynd en ordentlik nie.
  • Palmrosies is van die outjies wat die vinnigste fisiek ontwikkel omdat hulle heeltyd nuwe uitdagings soek en permanent hulle eie vaardighede toets en ver Gewoonlik is hulle dus op datum of voor met hulle motoriese mylpale soos sit, kruip, loop, staan, huppel en balvaardighede.
  • Hulle blink dikwels uit in sport omdat hulle alles met soveel energie en waagmoed aanpak en so baie speel dat hulle hulle motoriese vaardighede vroeg al slyp. Hulle vaar veral goed in aggressiewe sporte en sporte wat besondere fisieke uitsette vereis. Kontaksport sit hulle nie in die minste af nie.
  • Hulle geniet beheer en aandag ewe veel. Daarom is hulle besonder uitdagend, onderhandelend en manipulerend as hulle nie ferm gedissiplineer word nie (en soms in elk geval, ongeag hoe hard ons as ouers probeer). Hulle kan van jongs af baie effektief argumenteer, en wissel sjarme en woede af om hulle sin te kry.
  • Palmrosies wil alles doen en aan alles deelneem. Hulle wil natuurlik ook in alles die beste wees! Ongelukkig het hulle nie dieselfde deursettingsvermoë as byvoorbeeld die sierrosies nie; daarom wissel hulle belangstellings geweldig vinnig. Sodra hulle nie meer aandag kry, wen of elke oomblik geniet nie, kan hulle belangstelling
  • Palmrosies is luidrugtig en impulsief, en het min selfbeheersing. Hulle laat hulle ouers meer dikwels in die openbaar agter handsakke en aktetasse wegkruip as enige van die ander.

Toe ek omtrent agt maande swanger was, het ek dit in ’n baaikostuum op Jeffreysbaai se strand gewaag. So ’n vrypostige palmrosie het kliphard vir haar pa gesê. “Sies, kyk daai tannie se vet, vet pens!”

Die arme pa wou tien dode sterf. Ek verstaan egter, want my palmrosie het vir my goeie vriendin gevra of haar seuntjie nou soeter is vandat hy medisyne vir sy stoutigheid drink. (My gebrek aan diskresie sal altyd deur sy mond boomerang.)

  • Palmrosies kan sosiale situasies totaal oorneem omdat hulle leiertjies is met baie sjarme. Hulle kan egter nie altyd onderskei tussen baasspelerigheid en samespel nie, en hulle gewildheid kan skielik afneem wanneer hulle te dominerend word. Hulle het hulp nodig om ’n balans te
  • Baie boelies is palmrose wat ongelukkig verkeerd hanteer word. Hulle word dikwels tuis onder ’n ysterduim doodgedruk en wil elders probeer beheer herwin, of word andersyds so min aandag gegee dat hulle smag na enige reaksie hoe negatief ook al.

Hulle geniet die beheer oor ander kinders en hou van die konflik en die aandag wat hulle boeliegedrag hulle in die sak bring. Hulle is regtig onsensitief vir die emosies van ander.

  • Palmroostieners kan die ongeskikste van almal wees omdat hulle so onsensitief vir ander se gevoelens is. Hulle rebellie kombineer met ’n gladde mond sodat hulle maklik hulle ouers daarmee oor die afgrond dryf.

Die palmroos: wat jy moet weet van dié volwassene

  • Hierdie bome is die grootste ekstroverte, die grootste optimiste, die mees entoesiastiese sprekers en die mees meesleurende Hulle is dus onmoontlik om te ignoreer, en is altyd op die voorgrond.
  • Palmrose kan geweldig gedrewe wees, en op ’n groot aantal terreine gelyktydig die leer klim. Hulle hou gewoonlik daarvan om so wyd moontlik betrokke te wees by allerhande groot Hulle vernaamste struikelblokke op pad na die hoogste sport, is hulle menseverhoudinge en gebrek aan fokus.
  • As ’n palmroos nie gedissiplineer is as kind nie, is dit die naarste kombinasie denkbaar, want dit beteken daar is ’n bedorwe kind en ’n diktator saamgegooi in een selfgesentreerde
  • Palmrose se grootste swakhede is gewoonlik ongeduld of humeur en onsensitiwiteit, want hulle het gewoonlik die laagste emosionele intelligensie van al die Hulle kan self goed opgeklits raak, maar kan dit nie in ander verdra nie. Hulle is blind vir hulle eie swakhede en onverdraagsaam wanneer dit by ander se swakhede kom.
  • Palmrose is die swakste Hulle is te haastig, te besig en te selfgesentreerd om totaal op iemand anders te fokus.
  • Palmrose het gewoonlik die beste selfbeeld. Hulle kan selfs arrogant wees omdat hulle soveel vertroue in hulleself en hulle standpunte het.
  • Palmrose is bobaas-manipuleerders omdat hulle soveel dryf en sjarme gelyktydig het. As hulle woede en intimidasie nie werk nie, swaai hulle gou om na die Dit kan hulle op die oog af baie effektiewe ouers maak, maar hulle kinders reageer dikwels met passiewe aggressie of deur emosioneel te onttrek en skelm te rebelleer.

Die sierpalmpie: wat jy moet weet van dié kind

  • Sierpalmpies is meer van ’n emosionele as ’n dissiplinêre uitdaging omdat hulle ’n mengsel is van die twee emosionele boomsoorte. Hulle het baie aandag en aanmoediging nodig en moet met groot empatie hanteer
  • Wanneer dit met hulle goed gaan, is hulle ’n plesier, maar wanneer dit sleg gaan, is hulle uitmergelend. Ons moet begrip daarvoor en geduld daarmee hê.
  • Omdat hulle vreeslik graag mense wil plesier, sal hulle inskiklik wees net om liefde in ruil daarvoor te Hulle het nie noodwendig die waardes hulle eie gemaak het nie. Ons moet dus seker maak dat hulle nie net verstaan wat ons verwag nie, maar ook waarom dit die regte optrede is.
  • Hulle intense behoefte aan goedkeuring maak dat hulle baie sensitief kan wees, en die kraantjies kan oopdraai oor die geringste kwaai kyk of harde woord.
  • Hulle is die buierigste, onvoorspelbaarste en veranderlikste boompies van almal omdat hulle die helfte van die tyd eufories en die res van die tyd op die ashoop kan As ons egter onthou om hulle soos palmboompies te hanteer wanneer hulle vrolik is maar soos sierboompies wanneer hulle hartseer is, is dit minder verwarrend.
  • Sierpalmpies is dikwels melodramaties en die kombinasie wat die meeste en aanhoudendste kan praat. Hulle is dus die kombinasie met die grootste persentasie regte akteurtjies. Hulle maak ook later in die lewe goeie advokate en sosiale aktiviste.
  • Sierpalmpies het dikwels verbeeldingmaatjies en uitgebreide fantasieë. Hulle kan in groot besonderhede oor hierdie skimme en lugkastele
  • Sierpalmpies het ’n groot kapasiteit vir geestelike dinge omdat hulle gemaklik is met abstraksies en lewendige verbeeldings het. Hulle glo kinderlik en bou maklik van jongs af ’n verhouding met die
  • Sierpalmpies onderpresteer gewoonlik op akademiese gebied omdat die pretliewende palmboompiekomponent die pligsgetroue sierboompiekomponent se prestasie in die wiele Hulle presteer gevolglik meer dikwels op kreatiewe en kunstige terreine. Hulle is ook gewoonlik taalkundig sterk.
  • Niemand kan kerm soos hulle nie! Hulle is drama queens by uitstek.
  • Totdat sierboompies hulleself ken en hulle botsende behoeftes kan “bestuur”, moet ons as hulle ouers hulle help om gebalanseerd te wees. Wissel alleentyd en sosiale tyd, aktiwiteit en rus en werk en speel sinvol af, sodat hulle nie so gereeld smeltpunt bereik nie.
  • Sierpalmpies is baie gewilde maatjies omdat hulle spraaksaam, pretliewend en versorgend is teenoor hulle
  • Sierpalmtieners is die buierigste en ook geneig om die mees eksperimentele kombinasie te Hulle kunssinnigheid kan baie sterk na vore kom in hulle soeke na identiteit. Daarom is hulle voorkoms gewoonlik skrikwekkend of minstens interessant vir ’n jaar of drie!

Indien hulle sierboomkomponent oorheersend is, sal hulle selfbeeld tydens hulle tienerjare baie sensitief wees. Hulle vatbaarheid vir groepsdruk is groot.

  • Emosionele manipulasie kan sierpalmtieners se gunstelingwapen Wees op die uitkyk daarvoor en vat dit vas. Hou voet by stuk wanneer jy weet dat jy redelik is.

Die sierpalm: wat jy moet weet van dié volwassene

  • Sierpalms is ’n kombinasie van uiterstes en daarom ’n baie kleurvolle kombinasie. Hulle is nie twee dae na mekaar dieselfde nie.
  • Ongelukkig kan hulle dus ook ’n onstabiele kombinasie Sierpalms se selfbeeld kan vreeslik broos wees, en hulle voel dikwels dat daar met hulle iets fout is. Wanneer sierpalms hulleself aanvaar en hulle uiteenlopende behoeftes gebalanseerd hanteer, kan hulle egter baie gelukkige mense wees.

Hierdie ekwilibrium in hulle identiteit neem egter gewoonlik tot in hulle dertigs of veertigs om te kristaliseer.

  • Sierpalms is so intens dat hulle dikwels die mense om hulle uitput. Hulle kan in een asem vreeslik kla, vreeslik spog, honderde opwindende nuwe idees deel en onmiddellik weer baie negatief
  • Hulle is enersyds mens-mense en andersyds alleenlopers; half-optimis en half- pessimis. Soms is hulle op mense ingestel en soms op die taak, soms kreatief en oorspronklik en ander kere verknog aan orde en struktuur. Hulle verwar in die proses hulleself en ander.
  • Sierpalms het ’n groot persoonlike ruimte nodig en tog behoefte aan fisieke vertroeteling. Dit kan vir hulle huweliksmaats baie moeilik wees om uit te werk “wanneer om waar te vat of te los”!
  • Sierpalms word meer as enige ander geënte boomsoort met bipolêre depressie gediagnoseer, onder andere omdat hulle goeie buie so “hoog” en hulle slegte buie so “laag” kan wees.

(Daar is egter ’n reuseverskil tussen ’n geestessiekte en ’n temperamentstipe, en goeie dokters sal die verskil kan sien. Dokters kan die fout maak deur hulle diagnose net op gedragswaarneming en ’n hoorsê-gevalsgeskiedenis te baseer.)

  • Hulle is ’n kombinasie van die twee emosionele boomsoorte, en daarom nie baie rasioneel Hulle is geneig tot neurose en paranoia. Hulle kan so onseker van hulleself word dat hulle vas glo ander sweer saam teen hulle, en is nie lief vir hulle nie.
  • Gewoonlik is hierdie kombinasie baie kreatief en kunssinnig. Daar is ritse uitvoerende kunstenaars soos sangers en akteurs wat hierdie tempermentkombinasie Hulle is gewoonlik ekstroverte op die verhoog en introverte tuis. As hulle sierboomkomponent die grootste is, beoefen hulle hulle kuns agter toe deure of in ’n veilige kring.
  • Sierpalms presteer op gebiede wat ’n kombinasie van analitiese en kunstige vaardighede vereis, soos mode-ontwerp, binnenshuise versiering, argitektuur, kosmetiese sjirurgie of
  • Sierpalms beleef die geestelike sy van die lewe baie intens en is gemaklik met die bonatuurlike. Hulle spiritualiteit is gewoonlik meer charismaties as tradisioneel en meer op belewenis as “die letter van die wet” ingestel. Daarom is dit ook baie veranderlik.

In die afwesigheid van sterk oortuigings kan hullle vandag pastore wees en volgende maand agnostici. Party kan ook hulle Christenskap sonder gewetensbeswaar met Oosterse gelowe en New Age-praktyke meng. Solank dit reg “voel”, hoef hulle dit nie rasioneel te regverdig nie.

  • Die palmboomhelfte frustreer die sierboomhelfte omdat ’n sierboom orde, stilte en netheid nodig het – iets wat ’n palmboom eenvoudig nie kan handhaaf nie. Die sierpalm se leefwêreld rafel gewoonlik stadig maar seker uit tot totale chaos.

Dan klim die sierboomhelfte met mening in om als reg te ruk, net om weer toe te kyk hoe die palmboomhelfte mettertyd al die netjiese laaie en goedbeplande skedules omkrap.

Ek glo Koning Dawid was ’n sierpalm. Buiten die prominente palmboomeienskappe wat ek reeds beskryf het, toon Dawid ook heelwat sierboomeienskappe. Dink maar aan die toegewydheid aan sy taak as jong skaapwagter, sy eksklusiewe, intense vriendskap met Jonatan …

Dink aan sy respek vir Saul as die Here se gesalfde, sy liefde vir die Wet, sy uitgerekte rouprosesse oor sy kinders, sy organisatoriese vermoëns, sy musikale en taalkundige talente, en sy intense sondebesef en berou.

Sy wanhoop en vrees toe hy van Absolom se beoogde staatsgreep gehoor het en sy innerlike stryd (amper paranoia) wat so duidelik in sommige van sy Psalms gelees kan word, is ook deel van die sierboomtemperament.

Die dennepalmpie: wat jy moet weet van dié kind

  • Dennepalmpies is gewoonlik gelukkige, maklike babas – vriendelik en aanpasbaar.
  • Hierdie kombinasie van boompies is die een met die minste taakgerigtheid en selfdissipline; daarom neem hulle baie lank om betroubaar te Hulle lyk betroubaar omdat hulle gehoorsaam is, maar sê die ouers nie aanhoudend vir hulle wat hulle moet doen nie, sal hulle baie min takies spontaan uitvoer.
  • Dennepalmpies het die potensiaal om die vergeetagtigste, verstrooidste en agtelosigste van almal te wees – absolute dromers op ’n ander planeet.
  • Dennepalmpies het die minste innerlike dryf maar is daarom ook dikwels die inskiklikste. Hulle gee baie om hoe ander oor hulle voel; daarom stel hulle graag hulle ouers Hulle kan baie maklik wees om groot te maak (het dikwels net ’n “kyk” nodig), buiten die uitdaging om verantwoordelikheid by hulle te kweek.
  • Dennepalmpies verset hulle teen verantwoordelikhede en werkies soos niemand anders nie. Hulle wil altyd rus of speel – een van die Werk is nie voorop in hulle gedagtes nie!
  • Dennepalmpies kan ’n baie swak aandagspan hê, en word baiekeer as “afleibaar” geëtiketteer. Hulle gedagtes dwaal maklik al is hulle nie so geneig om “hiper-aktief ” te wees soos die roospalmpies
  • Bombastiese, wrede dissipline vermorsel hierdie soort boompie omdat hulle dit so intens as afkeuring en verwerping sal beleef, en konflik geweldig moeilik hanteer. Hulle grootste behoeftes is vrede en vrolikheid. In ’n huis vol verbale of fisieke geweld, sal hulle dus lelik verniel.
  • Dennepalmpies hanteer gewoonlik die sosiale deel van skool baie goed, maar die akademie kry Hulle raak eenvoudig nie ernstig genoeg oor enige iets nie, en kan nie die volgehoue insette lewer wat nodig is vir akademiese sukses nie. Hulle is klassieke onderpresteerders.
  • Dennepalmpies is swak tydsbeplanners; daarom is hulle werk gewoonlik nie betyds klaar Hulle dink nie aan die detail van hulle werk nie, en laat dan heeltemal te min tyd om alles klaar te kry. Hulle is ook uitstellers.
  • Daar is min dennepalmpies met leierskapaspirasies, maar hulle word gewoonlik eerste deur die leiertjies vir hulle span gekies, want hulle is uitstekende samewerkers. Hulle geniet dit wanneer iemand anders leiding en verantwoordelikheid aanvaar, en net van hulle verwag om te volg.
  • Dennepalmpies is baie mensliewend en gemaklik met mense van enige ouderdom. Hulle is ook gewoonlik diereliefhebbers.

Die dennepalm: wat jy van dié volwassene moet weet

  • Dennepalms is ’n kombinasie van die twee mensgerigte temperamente, en is daarom besonder ingestel op almal om Hulle het baie genade, deernis, begrip en belangstelling in ander en maak wonderlike, lojale vriende.
  • Hulle gaan die maklikste deur die lewe omdat hulle niks te ernstig opneem nie. Hulle kan gewoonlik nie verstaan waarom ander mense gespanne, opgewerk en oorwerk raak nie. Dit gebeur nie met hulle
  • Hierdie kombinasie is die swakste met beplanning, tydsbestuur en begrotings. Hulle vermy administrasie en papierwerk waar hulle kan en die meeste van hulle projekte loop op krisisbestuur
  • Omdat hulle taakgerigtheid so swak kan wees, is hulle nie die betroubaarste kombinasie nie, maar hulle opregte berou maak daarvoor Hulle het gewoonlik nie ’n gemene of moedswillige haar op hulle koppe nie.
  • Dennepalms sit nie graag skouer aan die wiel net ter wille van werk nie. Daarom kan hulle ongelukkig in hulle beroepe misluk as dit volgehoue energieke insette vereis, tensy hulle werk hulle passie is.
  • Dennepalms se leefwêreld is gewoonlik die deurmekaarste. Hulle het byna geen vermoë om te organiseer en sistematies te wees nie.
  • Dennepalms leef nie in die toekoms of die verlede nie – hulle is “nou hier”, en is daarom in staat om regtig hulleself aan ander te gee.
  • Hulle warmte en vermoë om begrypend te luister maak van hulle baie goeie beraders, pastore, bemiddelaars en dokters.
  • Dennepalms het die swakste wilskrag van al die kombinasies. Hulle is daarom meer geneig as enige van die ander om oorgewig, lui, gemaksugtig of wellustig te
  • Dennepalms het baie pret en rus Teen die tyd dat hulle van die werk af kom, is daar gewoonlik van hulle net ’n honger TV-slaaf oor of hulle wil uitgaan, solank daar net geen eise of werk op hulle wag nie.

Die dennerosie: wat jy moet weet van dié kind

  • Hierdie outjies is die rasioneelste en daarom die minste van ’n emosionele uitdaging. Hulle kom dikwels as gevolg hiervan baie volwasse vir hulle ouderdom
  • Dennerosies is egter waarskynlik die hardkoppigste van al die kombinasies, want hulle het ’n roosboom se dryf om in beheer te wees en ’n denneboom se onbeweeglikheid, alles in een.

Hulle kan dus ’n groot uitdaging wees as hulle nie ’n goeie verhouding met hulle ouers het nie. As die verhouding egter goed is, kan hulle droomkinders wees – verantwoordelik en selfbeheersd.

  • Hulle maak gewoonlik ’n baie onafhanklike indruk omdat hulle hulle eie ding graag alleen doen, en nie toesig wil hê of geneig is om hulp te vra nie.
  • Die denneboompie kanselleer dikwels die roosboompie se plofbaarheid in so ’n mate uit dat die dennerosies goeie beheer oor hulle emosies het.
  • Dennerosies is gewoonlik nie baie sosiaal of uitbundig Hulle het maar een of twee goeie vriende. As hulle gelukkig is in hulle gesinne, is hulle nie dikwels op die sosiale roete nie. Hulle bring eerder een maat op ’n slag na hulle eie huis toe.
  • Dennerosies word dikwels as leiers gekies al is hulle nie gewoonlik gewilde maatjies nie.
  • Dennerosies styg dikwels in streng akademiese rigtings en eenmansporte uit. Hulle determinasie gekombineer met ’n belangstelling in een rigting, maak dit moontlik.
  • Hierdie kombinasie kinders is die “botste”, en om met hulle ’n warm, diep verhouding te bou, is die moeilikste. Hulle is nie geneig om baie fisieke toenadering tot hulle ouers te soek nie; daarom moet daar op ander vlakke kontak gemaak word.

Die denneroos: wat jy van dié volwassene moet weet

  • Mans met hierdie kombinasie maak myns insiens die beste hoofuitvoerende beamptes. Hulle is rasioneel en gedrewe, wat belangrik is in hulle posisie, maar het darem die sensitiwiteit vir mense wat saam met hulle denneboomhelfte kom.

Hulle kan hulle fokus gepas tussen die taak en die mense verdeel sonder om die een of die ander te laat skade ly.

  • Denneroosvroue is skaarser as die mans, maar die vroue met hierdie temperament in die korporatiewe wêreld klim gewoonlik die leer tot heel bo.
  • Dennerose (veral die mans) is glad nie op detail of die emosionele ingestel nie; daarom is hulle gewoonlik nie in administratiewe of diensberoepe gelukkig nie. Hulle raak gefrustreerd met die papierwerk en met die uitputtende aard van werk met mense se

Hulle aard baie beter in die sakewêreld waar hulle gebalanseerde uitkyk en perspektief op die groter prentjie van waarde is.

  • Dennerose het gewoonlik baie selfrespek en respek vir ander; daarom is hulle mense wat ook by ander respek Hulle selfvertroue gekombineer met hulle rustige denneboomhelfte maak hulle gewoonlik waardige, professionele mense.
  • Dennerose word dikwels toppresterende akademici omdat hulle logiese en rasionele vermoëns so groot is, mits hulle die denneboom se ingebore geneigdheid om met die minste inspanning moontlik deur die lewe te gaan, kon oorwin.
  • Dennerose is baie onbeholpe wanneer dit by emosies kom. Hulle kan baie kortaf en bot oorkom omdat hulle min praat en by die kern bly. Wanneer hulle hulle eie emosies probeer uitdruk, kom daar gewoonlik min van hulle hart te voorskyn, en wanneer mense om hulle emosioneel raak, vlug hulle.
  • Hulle is gewoonlik nie besonder warm, uitgaande mense nie, en het maar net enkele vriendskappe wat baie jare sal neem om in diep verhoudings te
  • Dennerose se trots is soms hulle ondergang omdat hulle waarskynlik die moeilikste erken dat hulle verkeerd was.

Die sierrosie: wat jy moet weet van dié kind

  • Hierdie kombinasie lewer ’n uiters verantwoordelike, betroubare, werkgerigte boompie op. Sierrosies dryf hulleself aan, en het baie min aanmoediging nodig om hulle verantwoordelikhede na te kom. Hulle maak sterstudente tensy hulle groot konflik met ’n roosboomonderwyser het.
  • Hulle is ook uiters onafhanklik en selfstandig. Hulle word gou “groot” omdat hulle ’n kombinasie is van die twee doelgerigte, hardwerkende, ernstige As die sierboomkomponent egter die grootste is, kan die outjie baie ma-vas wees in die baba- en kleuterjare.
  • Hulle slegte buie kan baie lank aanhou weens hulle geneigdheid tot negatiewe emosies en hulle vasberadenheid om hulle griewe bekend te Hulle straf graag hulle ouers deur lank en aanhoudend hard te protesteer.
  • Sierrosies is ernstig en reageer gewoonlik sleg op tergery of iemand wat laf is. Hulle reageer met woede op verleenthede.
  • Sierrosies is die bewaarders van orde, reëls en die Hulle besluit wie is wie, en wie doen wat – regte klein generaaltjies.
  • Sierrosies wissel egter tussen manmoedigheid en moedeloosheid, afhangend van of hulle goed of sleg Wanneer hulle presteer, is hulle baie trots en vol selfvertroue, maar ’n klein mislukkinkie kan die hele selfbeeld aan flarde slaan.

Hulle selfbeeld is dus nie so solied as wat dit lyk nie. Hulle kan hulleself vreeslik afkraak, maar voel dis baie onregverdig wanneer iemand anders hulle kritiseer.

  • Sierrosies is gewoonlik uitblinkers in alles wat hulle aanpak, want hulle het die perfeksionisme van ’n sierboompie gekombineer met die deursettingsvermoë van ’n As hulle aangemoedig en ondersteun word, is daar geen plafon bo hulle koppe nie.
  • Sierrose is beslis die kwaaiste Hulle is krities, en vereis van almal die beste – soos van hulleself. Hulle is ongelukkig baie blind vir hulle eie foute wanneer dit hulle pas.
  • Sierrosies is stekelrig en effens afsydig – nie die warm, troeteltipe kinders Hulle soentjies en drukkies is skaars, en hulle ouers kan maklik voel asof hulle kinders nie van hulle hou nie. Dit is egter eenvoudig nie hulle hoofliefdestaal nie.

Hulle floreer eerder op komplimente, waarderende woorde en erkenning. Wanneer jy hulle met al hoe meer verantwoordelikhede vertrou namate hulle ouer word, gaan hulle dit as liefde ervaar.

Die sierroos en wat jy van dié volwassene moet weet

  • Volwasse sierrose maak kwaai ouers: baie reëls, baie strawwe, hoë Hulle vergeet maklik van hulle kinders se emosionele behoeftes, en fokus eerder op doelwitte, skedules en take.
  • Sierrose is baie gemaklik in leierskap- en opleidings- of onderwysposisies. Hulle glo buitendien dat almal iets by hulle kan leer of hulle behoort te Iemand het eenkeer vir my gesê haar sierroosseun dink hy is die eksperiment, en die res van die mense is die kontrolegroep. Dit is nogal tipies sierroos.
  • Sierrose kan gewoonlik enige doelwit bereik wat hulle vir hulleself stel, en maak ’n sukses van alles wat hulle Hulle taakgerigtheid is onverbeterlik.
  • Sierrose is nooit tevrede nie – alles kan beter, vinniger en gladder verloop. Die uitkoms kan altyd beter wees. Die ander mense kan altyd beter doen.
  • Sierrose meet hulleself en ander aan produktiwiteit eerder as aan karakter. Hulle vergeet dat wie jy is voorkeur behoort te geniet bo wat jy doen.
  • Sierrose is die skuldigste aan ’n onvermoë om te speel, te rus, vakansie te hou, op hulle gesinne te fokus en stil genoeg te word om by hulle eie binnekant en binnekamer uit te
  • Sierrose is meer gedrewe as enige ander kombinasie, en is baie geneig tot werkolisme en Hulle is hartaanval- en senu-ineenstortingmateriaal as hulle nie ontspanning in hulle program inbou nie.
  • Sierrose verwag van almal dieselfde werksvermoë en -tempo as wat hulle het, en klim maklik in ander se karakter in wanneer hulle nie by die sierroos kan byhou nie. Hulle maak gewoonlik vyande deur slawedrywers of diktators te

Die sierdennetjie: wat jy van dié kind moet weet

  • Sierdennetjies is die dromerigste introverte in die woud. Hulle is ’n kombinasie van die twee lae-energieboompies en is dus die rustigste.
  • Sonder enige twyfel is sierdenne die maklikste babas. Nie veeleisend nie, goeie slapers, gewoonlik lief vir ’n roetine sonder om té ontwrig te raak daarsonder – ’n droom.
  • Hierdie kinders smag na goedkeuring, vermy konflik en is daarom dikwels ons “ster”-kinders. Daarmee bedoel ek nie dat hulle vreeslik presteer nie, maar wel dat hulle baie voorbeeldig en inskiklik
  • Sierdenne se emosionele en rasionele kant balanseer mooi sodat hulle nie baie buierige kinders is nie.
  • Sierdenne se perfeksionisme en rustige geaardheid maak dat hulle werktempo by verre die stadigste is. Hulle neem geweldig lank om werkies af te handel, aan te trek, te eet en ’n storie te vertel, want al die besonderhede of metodes moet presies reg wees. Hulle laat ons sommer in ’n haastige sweet uitslaan!
  • Sierdenne kan baie musikaal of kunstig wees (gewoonlik dan regterbreindominant), maar wil weens hulle denneboomgeaardheid nie graag hulle talent op die verhoog uitleef of hulle kuns openbaar vertoon nie. Hulle beoefen hulle kuns vir eie bevrediging of as ’n ontspannende
  • Sierdenne is dikwels skaam en skugter. Hulle sal dit later as die ander kinders ontgroei. Hulle neem gewoonlik die langste om te leer om van Mamma te skei en in die kleuterskool aan te Hulle wil nie vir tannie Alida soen nie, al is sy familie. Hulle kruip maklik weg wanneer daar kuiergaste kom.
  • Sierdenne hanteer verandering en verrassings die slegste. Hulle het daarom dikwels vroegtydige kennisgewing en voorbereiding nodig wanneer die gesin gaan verhuis, ’n nuwe baba bykry, as die ouers gaan skei of wanneer enige ander groot nuwigheid voorlê.
  • Hulle is ’n kombinasie van die boompie met die swakste wil en die boompie wat die graagste tevrede stel, wat beteken dat hulle nie dikwels eiesinnig is
  • Hulle is vol fiemies, maar nie opstandig nie!
  • Hulle leer gewoonlik vroeg hoe om hulle te gedra en hulle ouers sê dikwels dat hulle kind amper nooit ’n straf met pynlike gevolge nodig het nie. Hulle kan met ’n sagte hand en sagte woorde gedissiplineer word.
  • Sierdenne is die sensitiefste van al die kombinasies en kan daarom wel redelik pieperig Hulle maak die ideale slagoffers vir die boelies omdat hulle maklik die etiket van ’n nerd of ’n koek om die nek gehang word.
  • Sierdenne se sensitiwiteit maak egter ook van hulle die mees versorgende kombinasie. Hulle is gewoonlik mal oor poppe of klein diertjies, neem ’n versorgende houding teenoor jonger boeties en sussies in en is baie besorgd oor armes, siekes, oumense en enige iemand wat hulpeloos Hulle het harte soos ’n hotel – met plek vir almal.
  • Omdat hulle sulke sterk introverte is, is hulle nie so sosiaal soos die ander boompies nie. Hulle het soms net een maatjie en kan selfs beweer dat hulle geen maatjies het Dit pla hulle nie noodwendig baie nie, want sierdenne is bekend daarvoor dat hulle hulleself kan besig hou.
  • Sierdenne is dikwels “binnekinders” eerder as “buitekinders” omdat hulle die rustigheid van legkaarte, rekenaars, TV, lees, musiek of sommer net slaap so baie geniet.
  • Sierdenne is selfsugtig en beskerm hulle besittings met mening.
  • Hulle lyk altyd na die slagoffer, maar kan agteraf baie geniepsig Hulle spoor dikwels ander kinders aan om die stoutighede uit te voer wat hulle uitgedink het. Moenie toelaat dat die onskuldige gesiggie jou flous nie.

As ons kinders hierdie geaardheid het, moet ons baie seker maak dat ons hulle nie wegdryf deur die liefdevolle aandag te weerhou wat hulle so bitter nodig het, maar nie op aandring nie. Ons is geneig om net aandag aan die moeilikheidmakers te gee.

Die sierden: wat jy moet weet van dié volwassene

  • Hierdie kombinasie is by uitstek ’n introvert en gewoonlik ’n denker of skrywer eerder as ’n prater.
  • Sierdenne is sensitief en het besondere mensekennis. Hulle speel gewoonlik die rol van ’n trooster, berader, getroue vriend, siekeversorger of helper.
  • Weens hulle passiewe geaardheid en lae energie, is sierdenne dikwels tevrede met ’n eenvoudige lewe met een beroep vir baie jare lank, een huis dwarsdeur hulle volwasse lewe en dieselfde handjievol vriende vir dekades
  • Sierdenne is gewoonlik geneig om pessimisties of sinies te wees, en is daarom ongelukkig geneig tot swaarmoedigheid en negatiewe denkpatrone, as hulle nie uit hulle geloof hoop put
  • Sierdenne lewe eerder na binne as na buite en kan baie suinig en selfgesentreerd Hulle is die onwaarskynlikste vrywilligers en leiers, alhoewel daar natuurlik uitsonderings is.
  • As hulle nie ’n gesin het nie, kan sierdenne so asosiaal raak dat hulle amper ’n kluisenaarsbestaan In ’n gesin kan hulle ook baie “afwesig” raak en in hulle eie wêreld wees sonder om behoorlik kontak te maak met hulle gesinslede. Hulle gesinne word kort-kort vir hulle “te veel” sodat hulle wil wegbreek vir ’n ruskansie.
  • Baie van die mees geniale denkers en wetenskaplike akademici het hierdie temperament. Hulle is soms briljant, maar sosiaal
  • Sierdenne het die grootste behoefte aan privaatheid, stilte en rus van al die kombinasies.
  • Hulle praat baie moeilik oor hulle gevoelens en is daarom nie maklik om te leer ken nie.
  • Sierdenne neem selde verantwoordelikheid vir dinge wat verkeerd loop in hulle lewens. Hulle voel maklik na ’n slagoffer van hulle omstandighede, en gebruik dit as skans sodat hulle nie hulle omstandighede hoef te probeer verander nie.

Hulle het eenvoudig nie die wilskrag om hulle wêreld te verander nie – hulle kla liewer net daaroor, en hoop iemand anders doen iets daaromtrent.