LES 19 – Raad as julle baie verskil of ooreenstem

Soek eers die boomtipes wat jy dink op julle gesin van toepassing is, maar lees daarna oor al die tipes vir meer begrip vir mekaar.

Palmboomouers en hulle saailinge

Wat is my sterk punte as palmboomouer? Omdat jy ’n palmboomouer is …

  • skep jy ’n vrolike atmosfeer in die huis
  • vergeet en vergewe jy maklik
  • wys jy jou liefde maklik en graag vir jou gesin
  • speel jy graag met jou kinders
  • kan jy krisisse wat die gesin tref met optimisme tegemoetgaan, wat dit vir almal makliker maak
  • gebruik jy jou humorsin om die hele gesin op te beur
  • sien jy die beste in jou kinders raak
  • kan jy die verlede maklik agterlaat, en die bekommernisse van die toekoms ignoreer totdat dit hanteer moet word
  • verwag jy nie van jou kinders perfeksie nie
  • is almal in die gesin se geluk vir jou

Jou swak punte kom na vore wanneer jou temperament met jou kinders s’n bots. Elke soort boompie daag ons op ’n unieke manier uit:

’n Palmboomouer en ’n ROOSBOOMPIE

  • Moenie verwerp voel wanneer jou roosboompie wegdeins van die vertroeteling wat so natuurlik vir jou kom nie – onthou dis nie persoonlik nie. Dis maar net sy of haar temperament. Gebruik eerder jou gawe van opbouende woorde om jou liefde in jou roosboompie se liefdestaal oor te dra.
  • Roosboompies hou nie van lawwigheid wanneer daar ’n taak op hande is nie, so wees versigtig met die tydsberekening van jou grappies.
  • Hulle gaan baie “samewerking” van jou Hulle het idees oor almal se verantwoordelikhede, en kan maklik voel dat ouers nie hulle deel doen nie. Gesels gereeld met jou roosboompie oor hierdie verwagtinge namate jou kind ouer word.

Dit is vir hulle ’n maatstaf van hoe lief jy hulle het. Wanneer hulle voel jy versuim om jou ouerlike pligte na te kom, is dit vir hulle geweldig frustrerend.

  • Jou pretliewende, gemaklike geaardheid maak dat streng toepassing van reëls en dissipline vir jou baie moeilik Jy wil hê almal moet vrolik wees, en jy vrees ’n streng korreksie of ander strawwe gaan dit natuurlik in die wiele ry.

Roosboompies het egter ’n baie ferm hand nodig, en sal jou nie ernstig opneem of jou gesag aanvaar as dit duidelik word dat jy nie ’n sterk genoeg hand het om dissipline deur te voer nie.

  • Roosboompies moet sien dat jy ernstig is, anders gaan hulle vir jou respek Kies dus ’n paar kernreëls waarby jy staan of val. Moenie te veel detail probeer deurvoer in hulle dissipline nie, want dit is net eenvoudig nie in jou geaardheid nie. Kies eerder beginselsake om met deursettingsvermoë by jou kind in te skerp.
  • Jy is geneig om oorhaastig te praat. Moenie voel jy hoef dadelik ja of nee te sê nie. Sê eerder dat jy sal dink, besluit en dan Wees seker van jou redes wanneer jy gaan nee sê, want jou roosboompie gaan gereeld met jou debat voer.
  • Pasop vir leë beloftes, want roosbome is baie hard op onbetroubare mense. Jou kind kan heeltemal respek vir jou verloor as jou woord nie jou eer is nie.
  • Probeer by die feite bly, want roosboompies is baie meer rasioneel as emosio- neel. Dink dus versigtig wat jy wil sê, en bly dan kalm en feitelik.
  • Moenie jouself blind staar teen jou roosboom se prestasies en vermoëns en dan karakterfoute miskyk Jy is geneig om op die uiterlike te konsentreer en gaan moet leer om kort-kort te besin oor hoe dit met die ontwikkeling van jou kind se karakter, gesindhede en integriteit gaan.

’n Palmboomouer en ’n SIERBOOMPIE

  • Jou grootste uitdaging gaan wees om jou sierboompie se negatiewe emosies (hartseer, moedeloosheid, pessimisme, teleurstelling, ) te hanteer. Lees die gedeelte hieroor so dikwels as wat nodig is, en weerstaan die versoeking om jou sierboompie so vinnig moontlik te probeer opbeur.
  • Leer om meer te luister en minder te praat. Jou sierboompie het jou begrip nodiger as jou raad of optimistiese perspektief!
  • Jy sal ernstig moet wees oor die belangrike, diep dinge in jou sierboompie se lewe, en dit nie aflag Onthou hoe intens sierboompies elke ding ervaar, en aanvaar dit. Moet nooit grappies maak oor iets wat jou kind as ’n krisis ervaar nie.
  • Jy kan van nature geneig wees om mense te vermaak met oulike stories en jou humorsin. Wees versigtig om nie jou selfbewuste sierboompie daarmee in die verleentheid te bring Moet asseblief nie hulle blapse of smaaklike kindertydstaaltjies deel maak van jou repertorium van komiese partytjiestories nie.
  • Ter wille van jou georganiseerde sierboompie wat soveel struktuur en orde nodig het, moet jy moeite doen met beplanning en roetine. Probeer buffers inbou sodat jou ongeorganiseerdheid nie vir jou sierboompie krisisse veroorsaak nie.

Dalk moet die ander ouer verantwoordelikheid neem vir die aflaai van julle sierboompie wanneer dit belangrik is om betyds te wees – soos soggens vir skool!

  • Probeer doelwitte vir jou kinders se opvoeding stel, want ’n sierboompie wil graag weet waarheen julle almal op pad Jou enigste doelwit is waarskynlik dat jou sierboompie vrolik moet wees.
  • Dit is nie ’n sierboompie se grootste doelwit in die lewe nie. Probeer dus hierby aanpas deur jou sierboompie se doelwitte om te presteer te akkommodeer en

’n Palmboomouer en ’n DENNEBOOMPIE

  • Jy gaan moet leer om jou tempo af te bring. Wanneer jou denneboompie so stadig en rustig praat en beweeg, gaan jy moet stilstaan, selfs gaan sit, rustiger praat en aandagtig Dit is vir palmboomouers baie moeilik om die ure te belê wat nodig is om ’n verhouding met ’n denneboompie te bou.
  • Moenie jou avontuurlustigheid, vermoë om risiko’s te neem, waagmoed en wye verskeidenheid van belangstellings as maatstaf gebruik nie. Denneboompies kan nie soos jy funksioneer nie – hulle het nie die energie in hulle liggame of psige daarvoor nie!
  • Wees baie versigtig om opreg en eerlik te Moenie jou denneboompie om die bos lei, vlei of met bybedoelings prys nie – hulle sien dwarsdeur sulke pogings, en dit maak hulle baie onseker van jou ware gevoelens vir hulle. Sê wat jy bedoel, en bedoel wat jy sê.
  • Pasop om nie dramaties of ooremosioneel te wees wanneer jy belangrike dinge met jou denneboompie moet deurwerk nie, want jou intensiteit is vir hulle te groot – hulle skakel af of deins terug.
  • Leer hoe om met jou hele liggaam te luister. Los alles waarmee jy besig is. Draai na jou kind Maak oog­ en fisieke kontak (as jou kind dit verwelkom). Laat sak jou skouers. Haal rustig asem. Glimlag. Moenie dadelik begin saampraat nie. Wag totdat jou kind lank genoeg stilbly dat jy seker is dit is jou spreekbeurt.
  • Jou denneboomtiener sal dit nie waardeer as jy die kalklig probeer steel wanneer ’n vriend of vriendin kom kuier nie. Handhaaf ’n lae profiel, want jou denneboompie het nie die sjarme om met jou te kompeteer vir vriende se aandag nie.

Dit is een van die belangrikste maniere waarop jy vir jou denneboomtiener respek en sensitiwiteit kan toon.

Roosboomouers en hulle saailinge

Wat is my sterk punte as roosboomouer? Omdat jy ’n roosboomouer is …

  • bestuur jy jou gesin en al hulle aktiwiteite suksesvol
  • tree jy met gesag en selfvertroue op
  • neem jy jou ouerlike verantwoordelikhede ernstig op
  • maak jy jou kinders doelgerig groot
  • spoor jy hulle aan om te presteer
  • hou jy jou beloftes en voer jy jou ondernemings deur
  • werk jy hard om jou gesin te onderhou en te versorg
  • is jy betroubaar en verantwoordelik met die gesin se finansies en

Ten spyte van hierdie sterk punte, kan jou kinders jou soms met jou hande in jou hare laat omdat hulle so anders as jy dink en reageer. Jou sterk punte kan selfs ’n struikelblok wees omdat jou kinders so anders as jy is.

Die kuns van ouerskap wat nou ter sprake kom, is om jou optrede so aan te pas dat julle verskille nie julle verhouding vernietig nie.

’n Roosboomouer en ’n DENNEBOOMPIE

  • Onthou dat jou denneboompie nie baie waarde aan kompetisie heg nie. Moet daarom nie alles aan wen en verloor meet nie. Dit sal jou denneboompie moedeloos maak. Konsentreer jou aanmoediging en lof op haar pogings en die proses, eerder as die uitkoms, wanneer jy nie met die uitkoms tevrede is nie.
  • Oefen om nie druk uit te oefen op jou denneboompie nie. Dit gaan een van jou moeilikste uitdagings wees! Aanjaag, kritiek, harde woorde, dreigemente en beskuldigings kom vir jou

Ongelukkig is dit presies die dinge wat jou denneboompie ongeliefd, onveilig en ongelukkig laat voel. Hier is geleentheid vir geestelike groei.

  • Jy is so taakgerig dat dit moeilik gaan wees vir jou om sommer maar net by jou denneboompie te Moenie in die strik trap om te dink kwaliteittyd is genoeg vir hierdie boompie nie. Jy moet soms sonder agenda gaan stillê(!) by jou kind om regtig kontak te maak.
  • Jy verwag onmiddellike, onvoorwaardelike gehoorsaamheid sonder teëpraat. Jou denneboompie kan amper niks onmiddellik of vinnig doen nie. Laat grasie toe sonder om jou opdrag ongeduldig te herhaal. Gee net ’n paar sekondes ekstra tyd vir hulle reaksies.
  • Jy sê nie maklik jammer wanneer jy verkeerd was nie. Dit wond enige kind, maar waarskynlik ’n denneboompie meer as enige ander kind. Hulle konflik­ hantering is swak; daarom kan hulle nie aandring op verskonings van jou kant of kommunikeer dat hulle ongelukkig is oor jou optrede nie.

Hulle word maar net stiller en afsydiger, en gaan nie gou weer hulle hart vir jou oopmaak nie.

  • Omdat denneboompies nie in beheer hoef te wees nie, en jy wel, gaan jy ge- neig wees om vir jou denneboompie meer as die gesonde hoeveelheid verantwoordelikheid te neem. Pasop om nie alles vir jou denneboompie te doen nie.

Moenie elke keer inspring wanneer sy of hy nie betyds of goed genoeg na jou sin optree nie. Jy kan deur hierdie soort “kaping” jou denneboompie permanent in ’n hulpelose afhanklike verander.

  • As jy nie geleer het om spanning buite die huis te ontlaai nie, gaan jou denneboompie waarskynlik die swaarste daaronder deurloop. Denneboompies beleef uitbarstings en woede meer intens as die ander boompies, en kan dit moeilik verwerk. Konflik is hulle grootste vrees. Hanteer dit dus sover moontlik pri­vaat.

’n Roosboomouer en ’n PALMBOOMPIE

  • Jy is ongelukkig van nature nie mal oor pretmakers nie; daarom kan dit vir jou moeilik wees om te aanvaar dat jou palmboompie nie altyd die taak of doelwit in die oog kan hou nie. Jy gaan moet leer om ruimte te laat vir speel en ont- spanning.
  • Pasop om nie jou palmboompie se behoefte aan aandag te ignoreer nie. Hoe vroeër jy dit gee, hoe minder eienaardig gaan die aandagsoekende gedrag Erken jy sy oulike stemnabootsing terwyl hy ’n storie vertel, hoef hy dalk nie die storie meer wolhare te gee en stertjies aan te las om jou te beïndruk nie.
  • Jou erns is vir hulle uitputtend – gee ruimte vir Wanneer jy nie self kan saamlag nie, gaan ten minste vir ’n rukkie weg sodat jou erns nie ’n demper op jou palmboompie se vrolikheid hoef te plaas nie.
  • Jy glo in jou manier as die enigste manier. Jou palmboompie is bedraad om altyd ander maniere te Moenie hierdie kreatiwiteit altyd as ongehoorsaamheid sien nie. Laat ’n bietjie ruimte daarvoor solank die opdrag steeds uitgevoer word.
  • Jou palmboompie bly lank ’n kind in die kern van sy wese. Jy het dalk baie min kind in jou oor om dit te verstaan. Moenie te gou te veel van jou palmboompie verwag nie. Lees boeke oor mylpale sodat jy seker is jy kan reeds iets verwag voordat jy veeleisend raak omdat jy dink dat jou kind te stadig ontwikkel.

Herinner jouself gereeld daaraan dat jou kind ’n kind is, en nie ’n kort grootmensie nie. Jou geduldige, volgehoue opvoeding gaan wel eendag vrugte afwerp. Moenie opgee nie (nie dat jy dit ooit doen nie!) maar moet ook nie in ongeduld jou kind grootwens nie.

  • Jy is nie geneig om baie fisieke liefde te wys nie. Jou palmboompie gaan ver­droog daarsonder. Jy mag dalk hulp en raad nodig hê om te leer hoe om koesterend en versorgend te wees (ek het!), en nie net op te voed en bevele te gee nie.

Daar is net ’n baie klein verpleegsterjie en Kersvader in jou. Hulle twee het nodig om in jou te groei sodat jy hierdie boompie se groot behoefte aan liefdevolle versorging en aanraking kan aanspreek.

’n Roosboomouer en ’n SIERBOOMPIE

  • Jou onsensitiwiteit vir emosies is die grootste Jy gaan waarskynlik nie eers agterkom wanneer jou sierboompie jou op hierdie terrein nodig het as jy nie ’n punt daarvan maak om uit te kyk vir tekens van emosionele behoeftes nie.

Doen moeite hiermee, lees boeke of leer hoe om dit te doen deur ander ouers dop te hou, maar maak seker jy bemeester dit. Jou verhouding met jou sierboompie hang hiervan af meer as van enige iets anders. Lees die handleiding vir die hantering van ’n sierboompie soveel keer as wat nodig is!

  • Wanneer jy jou sierboompie se emosies vertrap het, is dit noodsaaklik dat jy doen wat jy bitter moeilik doen – om vergifnis As jy dit nie doen nie, gaan jou sierboompie vir jou bang wees, jou vermy en jou vir ’n baie lang tyd verkwalik. Hulle vergeet niks nie; daarom kan jy nie maar net die tyd daaroor laat loop nie.
  • Jou sierboompie het ’n privaat ruimte nodig waarin jy nie instorm nie. Veral die tieners het nodig dat jy hulle privaatheid respekteer. Dit beteken dat jy jou drang om alles te weet en te beheer gaan moet beteuel.

As jy in e-posse rondsnuffel, dagboeke lees en slaapkamers deursoek, gaan dinge tussen julle baie suur raak. Respek van jou kant af rondom hierdie behoefte is essensieel.

  • Julle is albei baie taakgerig, en jou sierboompie voel gewoonlik veilig onder jou sterk Die botsings kom egter wanneer julle elkeen dinge op julle eie manier gedoen wil hê.

Die sierboompie het net so ’n wit-en-swart benadering soos jy; daarom kan julle onnodig oor die metode vassit terwyl die doelwit maklik op verskillende maniere bereik kan word.

  • Sierboompies hou van riglyne maar nie van iemand wat oor hulle skouer loer nie – net soos jy! Gee dus ruimte eerder as om hulle aan die kortste leibandjie vas te hou.
  • Jou sierboompie is wel taakgerig en selfgedrewe, maar het nie jou stamina en optimisme nie. Hy kan doen met ondersteuning eerder as met druk of dreigemente wanneer hy moedeloos raak.
  • Julle het albei ’n groot privaat ruimte, en dit is moontlik dat julle verhouding nie baie aanraking insluit nie. Vind ander maniere om ’n nou band met jou sierboompie te smee. Dit beteken om te leer luister sonder kritiek, om emosies te leer akkommodeer en om waarderend te wees eerder as veeleisend.

Sierboomouers en hulle saailinge

Wat is my sterk punte as sierboomouer? Omdat jy ’n sierboomouer is …

  • koester jy hoë ideale vir jou gesinslewe
  • is jy met jou hele lewe toegewyd aan jou gesin en kinders
  • beplan jy vooruit en is jy ’n goeie steunpilaar vir jou gesin
  • is jy sensitief vir almal se behoeftes en gevoelens
  • probeer jy te alle tye die beste pa of ma moontlik wees
  • offer jy jou eie belange op ter wille van jou kinders
  • stel jy ’n goeie voorbeeld van selfdissipline en hardwerkendheid
  • ontsien jy geen moeite om jou ouerlike pligte na te kom nie
  • ondersoek jy gereeld jouself vir foute en verbeter waar jy kan
  • gee jy nie op totdat jy die beste uit jou kinders te voorskyn laat kom

Jou kinders verskil genoeg van jou om jou soms erg te verwar. Die volgende riglyne mag jou dalk help om julle temperamentbotsings te verstaan en te verminder.

’n Sierboomouer en ’n PALMBOOMPIE

  • Julle is teenpole as dit kom by julle uitkyk op die lewe – jy is ernstig oor alles en die palmboompie oor niks! Dit gaan waarskynlik die grootste uitdaging wees om jou effens negatiewe, kritiese inslag te verander om jou optimistiese klein palmboompie reg te benader.

Leer dus om so “lig” en positief moontlik te wees. Vra jouself af “Maak dit regtig saak?” voordat jy skerp reageer.

  • Jou palmboompie het nie dieselfde standaarde en sin vir detail nie; daarom moet jy baie duidelik sê wat jy Jou palmboompie dink ’n netjiese kamer is een waarin alles op net een hoop lê, terwyl jy géén hopies in gedagte het. Wees realisties in jou verwagtinge.
  • Onthou dat jy nie graag wil uitstaan nie, maar dat jou palmboompie juis anders wil wees. Geniet jou palmpie se unieke geaardheid. Moet nooit die vierkantige gietvorm waarin jy geneig is om almal te wil pas, naby jou palmboompie bring nie.

As jy skaam is vir jou palmboompie se andersheid, moet jy maar met vermomming uit die huis gaan (grappie!), maar jy mag nie jou kind probeer verander nie.

  • Jy kan baie maklik net die negatiewe sien – met ander woorde dit wat jou kind nie perfek doen nie – en al die mooi dinge in jou palmpie se unieke geaardheid miskyk. Wees baie versigtig Maak doelbewus moeite om elke dag iets positiefs te soek om te beloon of erkenning voor te gee.
  • Jy kan geneig wees om dinge swart en wit te sien, en te glo in een regte manier – joune. Palmboompies is egter baie kreatief en alternatief in hulle benaderings – nie so konvensioneel soos jy nie. Laat ruimte daarvoor sodat jou palmboompie nie versmoor nie.
  • Leer hoe om saam met jou palmboompie te speel en te ontspan, al is die kind in jou baie skaars. Dit is die vlak waarop palmboompies ’n verhouding bou.
  • Jou groot persoonlike ruimte kan maak dat jy wegdeins wanneer jou baie lieftallige palmboompie soentjies en drukkies begin uitdeel. Jy gril vir nat handjies, sopperige soene en vuil voete wat op jou skoot klouter.

Onthou hoe belangrik hierdie naby aanraking vir jou palmboompie is. Byt op jou tande as jy moet, maar as jy dit kan leer geniet – des te beter.

  • Onthou hoe gou kinders groot word, en moet nooit jou palmboompie se kindertyd omwens
  • Jou palmboompie gaan op jou gevoelens speel om haar te red elke keer wan neer sy onverantwoordelik Moenie ingee nie! Sy weet hoe verantwoordelik jy vir alles en almal voel, en hoe skuldig jy gaan voel as jy haar nie help nie.

Haar onafhanklikheid is egter belangriker as jou gevoelens. Laat haar uit haar foute leer.

’n Sierboomouer en ’n ROOSBOOMPIE

  • Sierboomouers geniet gewoonlik hulle roosboompies se dryf, verantwoordelikheidsin, hardwerkendheid en deursettingsvermoë. Hulle loop hulle egter vas teen die roosboompie se eiewilligheid.

Julle deel ’n baie belangrike eienskap – doelgerigtheid. Wanneer julle doelwitte egter verskil, is dit ’n resep vir konflik. Hou die reëls min maar duidelik, en maak hierdie reëls saam met jou kind sodat julle uit die staanspoor ’n ooreenkoms het oor wat verwag word.

  • Jy is geneig om alles in die fynste besonderhede te bestuur. Dit gaan jou roosboompie teen die mure uitdryf. Hulle wil weet wat die slotsom is van wat jy verwag, en dan moet jy uit hulle hare bly tot hulle dit op hulle manier gedoen het.

Weerstaan die versoeking om so baie vrae te vra: “Wanneer gaan jy begin leer? Weet jy hoeveel bladsye dit is? Het Meneer al gesê waarop jy moet konsentreer vir die toets? Wat was nou weer jou portefeuljepunt?”

  • Roosboompies ken jou swakhede, en weet hoe maklik jy dinge persoonlik opneem of skuldig voel. Hulle mik gewoonlik daarvoor om sierboomouers te beskuldig van onregverdigheid, te kritiseer, persoonlik aan te val en op emosionele vlak uit te mergel.

Jou gevoelens moet nooit die deurslag gee in die dissiplinering van jou roosboompie nie. Probeer jou dus emosioneel distansieer van die gedrag wat jou seermaak, en hanteer dit so kalm en rasioneel as wat jy kan. Speel die bal, nie die man nie. Jy is die grootmens.

’n Sierboomouer en ’n DENNEBOOMPIE

  • Die grootste fout wat sierboomouers met denneboompies maak, is wat ek “mikrobestuur” noem. Dit behels die gedetailleerde “dra en aandryf ” van jou denneboompie. Omdat ’n denneboompie so stadig en ongemotiveerd kan wees, gee jy ’n eindelose string opdragte van vroeg tot

Gewoonlik nie sonder ’n groot persentasie dreigemente, aansporings, tydlimiete en hopeloos te veel detail nie! Dit hou jou denneboompie ongelukkig presies waar jy hom probeer uithelp – in ’n hulpelose, afhanklike staat.

  • As sierboomouer het jy baie hoë verwagtings en standaarde, is jy prestasiegedrewe en taakgerig. Jou denneboompie is presies die teenoorgestelde. Jy kan maklik onbewustelik jou denneboompie na ’n minderwaardige mislukking laat voel.

Sy beste poging moet vir jou goed genoeg wees. Wie hy is, is mos belangriker as wat hy bereik, nie waar nie?

  • Verminder die druk en kritiek in jou woorde, en vervang dit met waardering vir elke poging wat jou denneboompie maak – geslaagd of nie.
  • Moenie oor dinge uit die verlede karring nie. Denneboompies kan dit glad nie hanteer nie. Kyk vorentoe, en vra hulle maar net om volgende keer weer te probeer. Spreek jou vertroue uit dat hulle wel sal slaag.
  • Gebruik jou vermoë om te luister en emosies te verstaan om jou denneboom- pie geliefd te laat voel.
  • Onthou dat min mense so perfek en aanhoudend soos jy kan werk, en dat jou denneboompie baie meer blaaskanse as jy nodig het.
  • Niks lê jou denneboompie so lam soos konflik nie. As julle dus gebots het, moet jy baie duidelik aandui wanneer die konflik verby is, en nie die atmosfeer dik laat bly nie.

Steek jou seer in jou sak so gou as wat jy kan (ek weet dis moeilik!) en sê duidelik: “Dis verby, en ek voel nie meer ongelukkig nie. Is jy ook gereed om daarvan te vergeet?” ’n Denneboompie sal maar te graag aanbeweeg.

Denneboomouers en hulle saailinge

Wat is my sterk punte as denneboomouer? Omdat jy ’n denneboomouer is …

  • is jy gewoonlik jou rustige, gemoedelike self, en het daarom ’n kalmerende, ankerende uitwerking op almal in die gesin
  • gee jy die noodsaaklike stabiliteit en rustigheid in huise waar die ander gesinslede dalk baie emosioneel, wisselvallig en besig is
  • kyk jy na die groter prentjie en oorreageer nie op klein dingetjies nie
  • is jy geduldig en verdraagsaam teenoor jou lewensmaat en kinders en stel jy nie hoë eise aan hulle nie
  • stel jy jou gesin bo-aan jou prioriteitslys wanneer jy groot besluite moet neem
  • skep jy tradisie en ’n konstante, warm, huislike atmosfeer
  • vergewe jy maklik en glo die beste van jou gesinslede. Met jou is daar altyd geleentheid om oor te begin en vorentoe te Jy is ’n “veilige” mens.
  • stel jy ’n goeie voorbeeld van selfbeheersing, kalmte, rasionaliteit en

Deur hierdie eienskappe te modelleer, het jy ’n pragtige invloed op jou kinders. Jou kinders het gewoonlik baie respek vir jou op grond hiervan, mits jy ook beginselvas is.

Jou geaardheid kan egter ook vir jou kinders ’n frustrasie wees as hulle baie van jou verskil. Elkeen van hulle gaan jou op sy of haar unieke manier uitdaag. Hulle gaan jou swak punte na die oppervlak toe bring! Hier volg raad vir sulke dae:

’n Denneboomouer en ’n PALMBOOMPIE

  • Palmboompies vind gewoonlik hulle denneboomouers effens te rustig – selfs vervelig. As jy ’n palmboompie het, sal jy soms jolig moet raak – iets wat natuurlik nie vir jou vanself kom nie.

Jou kind het nodig om saam met jou pret te hê anders sal julle verhouding minder as ideaal wees. Jy sal moeite moet doen om kreatiwiteit, spontaneïteit en verrassings by jou gesinslewe te voeg.

  • Palmboompies gebruik denneboomouers se vredeliewendheid teen hulle. Hulle weet dat jy konflik vermy en nie baie energiek is as dit by die deurvoering van dissipline kom nie. Wees bedag hierop en verras jou denneboompie deur ernstig te wees oor die belangrikste dissiplinêre doelwitte, en dring aan op gehoorsaamheid.
  • Jou denneboompie weet waarskynlik dat jy nie graag die pretbederwer is nie, en sal eerder na jou toe kom as na ’n strenger ouer As jy dus die een is wat die maklikste “ja” sê, is dit raadsaam om eers met jou eggenoot te praat voordat jy vir groot dinge toestemming gee.
  • Jou allergie vir emosionele tirades maak jou die ideale slagoffer van jou palmboompie se Moet jou nie daardeur laat manipuleer nie. Jy sal wil ingee net om die kind se volume af te bring en die trane te stop. Ongelukkig waarborg dit net ’n groter konsert vir die volgende keer, want jy wys mos dat dit met jou werk.
  • Geniet jou kind se andersheid en speelsheid. Pasop om nie jou eng definisie van volwassenheid op hierdie soort boompie af te dwing nie. Jy voel mos ’n mens moet altyd kalm en selfbeheersd optree. Dis nie in jou palmboompie se natuur nie.
  • Denneboomouers wil nie graag hê hulle kinders moet enige pyn beleef nie. Hulle voel daarom verplig om hulle kinders te verdedig, te help, altyd aan hulle kant te wees en hulle so gelukkig moontlik te Palmboompies leer ongelukkig mos hoofsaaklik uit ervaring.

As jy hulle dus nie straf en die gevolge van hulle verkeerde optrede laat beleef nie, kan hulle nie leer nie. Wees bedag op daardie sjarme waarmee hulle jou “oplei” om hulle balle vir hulle te vang. En wees versigtig om hulle nie te oorbeskerm nie. Hulle het avontuur, waaghalsige spel en ruimte nodig.

  • Dit is vir jou belangrik dat jou kinders gelukkig Jou palmboompie het egter meer nodig as dat jy net kort-kort vra of dit goed gaan. Hierdie kind het elke dag jou aandag nodig. Wees versigtig om nie agter boeke en rekenaars of voor TV-skerms te sit wanneer hierdie kind jou nodig kry nie.
  • Palmboompies is afhanklik van baie fisieke kontak. Kom en bly naby aan hier­ die Moenie wegskram van drukkies en soentjies nie. Speel rowwe kontak- speletjies met palmboomseuntjies en vertroetel palmboomdogtertjies.

’n Denneboomouer en ’n ROOSBOOMPIE

  • Omdat jy ten alle koste die vrede wil bewaar, is jy die manipulerende roosboompie se gunsteling. Hy weet sy woede waarborg dat jy sal toegee. As jy altyd konfrontasie met jou roosboompie probeer vermy, gaan jy niks met jou ouerlike taak vorder nie.
  • Jou eerste respons kan dalk wees om jou aan die verhouding met hierdie kwaai, aktiewe, luidrugtige kind te onttrek omdat alles te intens vir jou raak. Maar jou roosboompie het jou kalmte en voorbeeld van selfbeheersing Dit gaan egter niks beteken as julle nie ’n goeie verhouding het nie. Bly naby jou kind.
  • Roosboompies respekteer net ’n ouer wat met oortuiging en durf optree. As jou roosboompie voel dat jy swak is, gaan hy of sy geen respek vir jou hê nie. Jy gaan dus soms baie fermer moet optree as waarmee jy gemaklik

As jy eenmaal bewys het dat jy ernstig is, hoef jy later net “die kyk” te gee. As jou kind egter twyfel aan jou erns, gaan jy kort-kort baie kwaai moet wees. Doen dit dus liewer vroegtydig op ’n konsekwente manier.

  • Jy sal moeite moet doen om jou roosboompie se woede te leer hanteer omdat dit ’n emosie is wat jy nie self dikwels beleef nie. Lees hieroor en oefen om dit toe te

Jy is waarskynlik van nature goed met die ontlonting van konflik en jou vredemakertemperament beteken gelukkig dat jy waarskynlik nie olie op die vuur gooi deur self emosioneel tot die konflik toe te tree nie.

Moet egter nie die fout maak om roosboompies se uitbarstings te ignoreer nie. Jy is die ouer, en dis jou plig om hierdie moeilike outjie reg te help.

  • Roosboompies het altyd doelwitte en redes vir wat hulle doen. As jy wil hê hulle moet iets anders doen en jou eerder volg, moet jy gereed wees om jou doel en redes te Jou geaardheid voorspel dat jy meestal nie so ’n duidelike plan het nie, maar eerder min of meer saam met die stroom dryf.

Wanneer jou roosboompie sy tienerfase binnegaan, kan die stroom skielik stormagtig sterk raak en jou meesleur as jy nie ’n goeie plan het nie. Wees proaktief in die dissipline van jou kind.

Dink vooraf oor die uitdagings wat voorlê en besluit hoe jy hulle die hoof gaan bied. Kry jou ammunisie gereed en maak seker jy is een stappie voor hierdie uitdagende kind.

’n Denneboomouer en ’n SIERBOOMPIE

  • Jou temperament voorspel dat jou sierboompie se emosionele – soms irrasionele – optrede jou grootste uitdaging gaan Hoe jy in sulke situasies met jou sierboompie kommunikeer, kan julle verhouding maak of breek.

As jy haar emosies afskiet omdat jy dit nie kan hanteer nie, gaan sy verwerping beleef en sukkel om jou met haar hart te vertrou.

  • Werk aan jou kommunikasie met hierdie sierboompiekind van jou. Lees hieroor en skaf boeke aan oor emosionele intelligensie as jy daarmee Dit sal die moeite werd wees.
  • Jy het die vermoë om die kern van ’n saak raak te Jy kan jou sierboompie baie help om perspektief te behou wanneer hy oorweldig voel.
  • Jy gee meer om wie jou kind is, as wat jou kind doen. Jou sierboompie moet egter baie erkenning kry vir wat hy Al is die prestasies nie vir jou belangrik nie, moet jy dit raaksien ter wille van jou kind.
  • Sierboompies is baie ernstig oor reg en geregtigheid, reëls en Doen moeite om konsekwent op te tree sodat jou sierboompie jou kan vertrou. As jy net elke dissiplinêre situasie met die minimum trane en energie probeer verby kry, gaan jy nie hierin slaag nie.

Selfs wanneer dit beteken dat jy jou sierboompie moet straf, sal hy jou daarvoor respekteer omdat hy weet dat dit die regverdige ding was.

  • Omdat jou sierboompie so veeleisend kan wees, kan jy dikwels “afskakel” net om te probeer bo Baie denneboomouers sien nie kans vir hierdie intense sierboompies nie, en hou ’n afstand tussen hulle en hulle kinders.

Dit is baie jammer, want as jy jou mensekennis en geduld, jou vergewensgesindheid en sensitiwiteit saamgooi, kan jy die beste ouer vir hierdie kind wees.

Wanneer ouers en kinders dieselfde temperamente het

’n Mens dink maklik dat sake vlot en gemoedelik verloop tussen volwassenes en kinders van dieselfde temperament. Daar is egter ’n paar slaggate waarop jy moet let – en inderdaad ook dinge om te vier en geniet.

Wanneer ’n palmboom ’n palmboompie grootmaak

  • Julle twee is albei groot dromers, wat beteken dat jy die ideale ouer is om jou kind tot die hoogste hoogtes aan te vuur. Gebruik jou optimisme om jou kind se ideale aan te Elke kind het iemand nodig wat sal sê: “Ja, ek glo jy kan!”

Jy kan ’n kleuter aanmoedig terwyl hy met ’n ballon in elke hand vir die twintigste keer van sy stoeltjie af probeer opstyg, want jy het ook probeer vlieg toe jy so klein was, nie waar nie? Jy weet dat daardie kindjie nie nou al hoef te hoor dat geen mens op aarde ooit sal vlieg nie …

  • Julle het die resep om altyd in kompetisie te wees vir die beskikbare Palmboomouers en hulle kinders word maklik jaloers op mekaar as gevolg hiervan. Ma en dogter kan byvoorbeeld op ’n ongesonde manier Pappa se aandag probeer besit.

Wees versigtig dat jy as volwassene nie hieroor kinderagtig optree nie. Gun jou kind die kalklig.

  • Jou strewe om vir altyd jonk en oulik te wees, kan jou tienerpalmboompie bedreig. Wees versigtig om nie op gelyke voet te probeer deel wees van jou palmboompie se sosiale kring
  • Julle is albei pretliewend en nie baie besorgd oor pligte, skedules, tyd en detail nie. Onthou dat jy die ouer is wat ’n voorbeeld van selfdissipline moet stel aan ’n kind wat dit nie vanself gaan leer nie.

Wanneer jou kind se kindwees jou soos ’n magneet trek om alle volwassenheid oorboord te gooi en weer vier jaar oud te word, kan jy nie altyd ingee nie. Jy moet onderskei tussen jou rolle as opvoeder en speelmaat.

  • Jou eie ervarings kan jou kind geweldig baie help. Praat eerlik oor jou foute en wat jy daaruit geleer het. Gebruik jou humorsin om die preke lig te hou.
  • As jou lewensmaat ’n kwaaier boom is, kan jy in die versoeking wees om dissipline aan hom of haar oor te laat. Onthou dat respek en gesag hand aan hand gaan en dat ’n mens dit moet verdien.

Daarvoor hoef jy nie met ’n paplepel gewapen te wees nie, maar jy moet ernstige oortredings met erns straf. Pasop om nie vriendskap met jou kind bo jou ouerskaprol te plaas nie

Wanneer ’n roosboom ’n roosboompie grootmaak

  • Wees baie spesifiek oor elkeen se areas van beheer, anders gaan daar van die môre tot die aand haangevegte Jy moet areas van beheer oorgee, hoe moeilik dit ook al vir jou mag wees.
  • Onthou dat jou roosboompies vinnig groot word, en moet dus nie aanhou om alles te probeer beheer in hulle lewens nie – hulle sal geweldig rebels Laat hulle alles toe wat hulle met verantwoordelikheid kan hanteer, en toets kort-kort of hulle gereed is vir meer. Hulle sal jou trots maak wanneer jy van hulle die beste verwag.
  • Julle kompetisiegees kan maak dat julle vreeslik lekker speel, maar onthou wie die volwassene en wie die kind Moenie jou kind uitdaag vir kragmetings of moeilike speletjies waar jy gewaarborg is om te wen nie. Dit kan vir ’n roosboompie verpletterend wees.
  • Jy verwag onderdanigheid van jou kinders; daarom gaan roosboompies se gedrag baie maklik rebels of uitdagend voel, veral wanneer hulle vir redes vra, ander voorstelle maak of oor dinge wil redeneer.

Wees versigtig om nie te rigied te wees nie. Jy kan jou kind geweldig baie leer deur wel vrae te beantwoord, deur jou beter redenasies ook op die tafel te sit en deur te wys watter dinge onderhandelbaar is, en watter nie.

  • Jy is sterker as jou kind maar die manier waarop jy dit wys is baie belangrik. Behou selfbeheersing, liefde en geduld sover jy kan, want dit kom vir jou natuurlik om oor ’n “opponent” te stoomroller.

Onthou dus dat jou roosboompie wel soos ’n opponent kan optree, en jou kan uitdaag, maar nie regtig opgewasse is teen jou volle aanslag nie. Probeer dus soveel moontlik kaalvuis-konflik vermy deur ferm maar kalm op te tree.

  • Kommunikeer al jou bevele so kort en kragtig moontlik, en vermy redenasies daaroor. Dit sal jou kind respek vir jou gee as jy selfversekerd en kalm kan

Wanneer ’n sierboom ’n sierboompie grootmaak

  • Jy en jou kind bring waarskynlik die rigiede swart-en-wit in mekaar uit. Die meeste van julle botsings sal oor onbenullighede gaan waaroor julle elkeen afsonderlik geweldig sterk voel – dingetjies soos watter skoene die beste by die klere pas of watter stukkie werk eerste gedoen moet word.

Leer dus om terug te tree vir perspektief wanneer julle vashaak, en laat gaan die beheer wanneer dit nie oor ’n geestelike beginsel, integriteit of waarde gaan nie.

  • Jy wil al die detail van jou kind se lewe weet, maar jou sierboompie wil privaatheid hê. Leer om dit te respekteer wanneer jou sierboompie nie wil praat nie, en moet onder geen omstandighede ’n sierboomtiener se kamer deursoek, SMS’e lees of in kaste grawe Daardie vertrouenskending kan die einde van julle verhouding beteken.
  • Omdat julle albei baie emosioneel is, en stadig aanbeweeg wanneer julle seergekry het, gaan julle baie oefening kry in die kuns van belydenis en Onthou dat jy die grootmens is, en hopelik ook die een met die meeste geestelike volwassenheid.

Laat dus eerste jou liggeraaktheid gaan, wees eerste om die verhouding ná konflik te probeer herstel en vergewe eerste.

  • Jy en jou sierboompie speel waarskynlik op mekaar se skuldgevoel. Sierboompies kan ons maklik probeer manipuleer om hulle nie te straf nie, en hulle teen die gevolge van hulle foute te beskerm.

Dis belangrik dat jy soms jou natuurlike drang om in te spring en te red, sal weerstaan sodat jou sierboompie self aanspreeklikheid kan aanvaar.

Wanneer ’n denneboom ’n denneboompie grootmaak

  • Omdat julle albei moeilik oor gevoelens praat, en in die algemeen nie julle hart op julle mou dra nie, kan dit moeilik wees vir julle om ’n diep verhouding te bou. Belê die nodige tyd om saam met hierdie kind te wees, en doen moeite met julle kommunikasie.
  • Jou denneboomkind gaan die maklikste jou voorbeeld Denneboompies doen wat jy doen, nie wat jy sê nie. Doen dus moeite om ’n voorbeeld te stel wat navolgenswaardig is.
  • Dalk het jou kind ook min belangstellings, soos Omdat jy hierdie eienskap van jou kind die beste verstaan, kan jy ’n kragtige invloed wees as mentor in jou kind se soeke na sy passie in die lewe. Omdat jy nie van druk hou nie, en min druk op jou kind sal uitoefen, is jy die ideale persoon vir hierdie rol, mits jy self ’n lewenspassie het.
  • Solank daar vrede is, glo jy alles is in die haak. Stilte beteken egter nie altyd vrede nie. Jy moet jou kind baie fyn dophou. Doen moeite om by alle sportgeleenthede en ander geleenthede te wees waar jou kind jou aanmoediging gaan nodig kry.

Onthou, denneboompies wil jou nie noodwendig aan die hand hê nie, maar wel darem op die pawiljoen.

  • Wees versigtig om nie jou kind se passiewe geaardheid te veel aan te moedig nie. Jy kan jou reeds passiewe kind meer passief maak deur lae verwagtings te koester, en passiwiteit te
  • Omdat jy geneig is om alles gemaklik en gerieflik vir jou kinders te maak, kan jy maklik tussen hulle en die gevolge van hulle optrede gaan staan. Onthou dat dit nie jou taak is om jou kind so te beskerm nie. Jou kind moet soms val en seerkry op pad na volwassenheid.

Dit beteken dat jy partykeer teen jou koesterende aard in moet eenkant toe staan sodat jou kind alleen kan staan, en iets oor die “ware lewe” kan leer.

  • As jy ’n denneboomouer is wat wegdeins van straf, moet jy weet dat kinders posi tief bly oor hulle ouers, selfs wanneer hulle gestraf word. Die straf moet dan egter soos volg plaasvind: Die kind …

… voel sy word regverdig gestraf of beloon en die strawwe is draaglik, en die belonings is motiverend.

… is oortuig van haar ouers se liefde vir haar en verstaan waaroor sy gestraf word, en sy weet sy is skuldig.

… ervaar soms die genade van vergifnis vir geringe oortredings en word meer dikwels beloon as gestraf.