Jy, jou kind en sy brein

Wat is jou grootste wens vir jou kind?

Ouers sĂȘ dat hulle graag kinders wil grootmaak wat gelukkig en suksesvol is, goeie besluite sal neem, hul doel op aarde sal ontdek en hul Godgegewe potensiaal sal bereik. Voeg daarby die eienskappe van empatie, goedhartigheid en vrygewigheid.

Die jongste navorsing oor gelukkige en suksesvolle kinders wys ook dat hierdie kinders veerkragtig is en dat hulle uithouvermoĂ« en deursettingsvermoĂ« het. Die Engelse noem dit resilience and grit – twee woorde waaroor daar tans baie geskryf word. Dit is alles fantastiese eienskappe wat beslis jou kind ’n ster gaan maak.

Jy vra dalk nou: Hoe kom ek van waar ons nou is – met die kleuter wat steeds nie deurslaap nie, die agtjarige wat in woede uitbars as hy nie nog ’n beskuit kan kry nie of die tiener wat die deur in my gesig toeslaan – tot by ’n volwassene wat empatie het, veerkragtig is en goeie besluite kan neem?

Ons kan nie ons kinders se sukses en geluk waarborg nie, maar deur gebed en ons daaglikse interaksies met ons kinders kan ons ’n dramatiese invloed op hulle ontwikkelende brein hĂȘ.

Die ekstra wiskundeklas, die musiekinstrument wat jou kind bespeel, die sport wat hy beoefen en die koor waarin hy sing, sal hom stimuleer, sy waagmoed en uithouvermoë sal ontwikkel, dit sal hom nuwe vaardighede leer en sy lewe verryk. Wat jou kind nodiger het as die skool, die naskoolse aktiwiteite en sy maats is vir JOU.

’n Sterk konneksie met jou.  ’n Sterk verhouding wat gekenmerk word deur liefde, voorspelbaarheid, konsekwentheid en aanvaarding. Die band en verhouding wat ons met ons kinders het, is die sterkste aanduider van sukses later in die kind se lewe. Die navorsing bewys dit. Wat meer is, navorsing toon dat kinders wat sterk verhoudings met hulle ouers het, veilig en geliefd voel. As kinders veilig en geliefd voel, toon hulle minder uitdagende gedrag. Hulle volg makliker die reĂ«ls en wil graag hulle ouers en ander mense behaag.

Ons moet nie die wonderlike aktiwiteite waaraan ons kinders blootgestel word, opgee nie. Dit is beslis nie die een of die ander nie, maar as jou kind aan soveel aktiwiteite deelneem dat daar nie meer tyd is vir saam speel, saam lag, saam dinge doen nie, dan is daar iets verkeerd.  Of as jou kind soveel tyd voor een of ander skerm deurbring dat hy nie bal speel saam met Pappa, koekies bak saam met Mamma of boek lees saam met Ouma nie, dan moet ons ernstig gaan besin.

Doen die volgende oefening. As jy “ja” sĂȘ op die meeste van die volgende stellings, is dit dalk tyd om meer konneksie-oomblikke in jou en jou kind se dag in te werk.

   
1.       Ons eet selde saam as gesinJaNee
2.       My kind se stokperdjie word gedefinieer as tyd voor een of ander skermJaNee
3.       My kind kan net in die motor ry met sy DVD-speler of ‘n selfoon byderhandJaNee
4.       My kind kan net in ’n restaurant sit met my selfoon of sy eie tablet byderhand.JaNee
5.       My kind kan net in ’n ry wag as daar ’n selfoon byderhand is.JaNee
6.       Ek is onseker oor wat my kind se gunstelingkleur, -dier, -liedjie en -fliek is.JaNee

7.       Die meeste van my interaksies met my kind gaan oor ons roetine en reĂ«lings. “Het jy jou huiswerk gedoen? Is jou tande geborsel?

Ouma sal jou by die skool gaan haal.”

 

Ja

 

Nee

8.       My kind vra my aandag op die onmoontlikste tye, soos as ek kos maak, as ons moet gaan slaap of as ons moet aantrek en vinnig uit die huis kom.JaNee

Navorsers is dit eens dat ons verhouding met ons kinders eerste moet staan. Dit is die fondasie waarop alles gebou moet word.