Die vermoƫ om onsself te bedrieg steek oral kop uit. Soms gebeur dit wanneer ons onder intense spanning verkeer, maar nie die oorsake daarvan wil erken nie. Ons ignoreer eerder die probleem as om dit aan te pak.
Wanneer ons sukkel om met ander mense saam te leef, verkies ons ook dikwels om onsself te bedrieg oor wat gebeur. In plaas daarvan dat ons erken dat ons ook ān rol in die probleem speel, maak ons asof die ander persoon alleen die probleem is. Dis nie maklik om eerlik met jouself te wees nie, veral nie as jy teleurgesteld of kwaad is vir iemand wat nie aan jou verwagtings voldoen nie.
Erken dat jy nie altyd reg is nie
Erken die rol wat jou eie binnewĆŖreld in jou ontnugtering met jou maat speel. Om die negatiewe effek van verwagtings te neutraliseer, sal jy moet leer om eerlik na jouself te kyk. Jy sal moet ophou dink dat wie jy voorgee om te wees en wie jy werklik is een en dieselfde is.
As jy jouself bly bedrieg deur te dink dat jy die volmaakte huweliksmaat is, sal jy nooit die moed of nederigheid kan hĆŖ om te erken dat jy deel van die probleem is nie.
Vind uit hoekom jy teleurgesteld is oor jou maat
Voor jy jou verwagtings van jou maat kan verander, moet jy dit eers kan herken en erken. Jy moet dit identifiseer sodat jy nie met ān skim werk nie, maar met die werklikheid wat in jou gemoed leef.
Prakties beteken dit dat jy na elke teleurstelling tyd moet maak om vir jouself die antwoorde op die volgende vrae neer te skryf. Wanneer jy dĆt doen, sal jy skielik ontdek dat jy jouself en jou eie verwagtings beter begin verstaan.
Erken dat jy selfsugtig is omdat jy so oor hom voel
Solank as wat ān mens van iemand anders verwag om jou gelukkig te maak, lĆŖ jou eie ideale, drome en prentjies van geluk in die middelpunt van jou gedagtes. Daarom kan jy elke keer net raaksien hoe jou lewensmaat jou verontreg, jou van geluk beroof of jou ideale vernietig.
Jy moet dus by die punt kom waar jy die selfsugtige aard van jou ingesteldheid kan erken. Jy behoort dit op een of meer van die volgende maniere te doen:
Natuurlik beteken dit nie dat jy jou behoeftes ontken of vernietig nie. Jy bly steeds ān persoon met behoeftes. Dit beteken egter dat jy die aard van jou behoeftes ā onrealisties, selfsugtig, ensovoorts ā raaksien, asook die effek daarvan op julle verhouding.
Dit beteken dat jy erken dat jy druk op jou man en julle verhouding plaas omdat die verwagtings berus op jou vooropgestelde idees van wat moet gebeur en wanneer dit moet gebeur. En dit beteken dat jy die uitwerking van jou verwagtings op jouself, jou maat en julle huweliksverhouding verminder deur dit af te skaal of selfs prys te gee ter wille van julle geluk.
Identifiseer vir jouself waar jy op die spiraal van ontnugtering lĆŖ en erken die effek daarvan op julle verhouding. Kyk gou weer na die negatiewe spiraal van ontnugtering:
Wees nou baie eerlik ā waar lĆŖ jy tans op hierdie negatiewe spiraal? En watter effek het dit op jou hantering van jou lewensmaat?