Die gelowige en depressie en wat om met selfdood gedagtes te maak

Kyk nou die video: “My God is nie missing in action nie”.

Niémand kies om selfdoodgedagtes te hê nie. Wanneer iemand hom in ’n ondraaglike situasie bevind en geen uitkomkans daarvoor sien nie, voel dit asof selfdood die enigste moontlike uitweg uit sy huidige situasie is. Die brein is te siek om normale lewe aan die gang te hou. Dit kan die gevolg wees van onder meer ’n depressiewe gemoed, fisieke pyn, armoede, verliese en liggaamlike of emosionele mishandeling.

Selfdoodgedagtes

Krisis of nie?

Wanneer die persoon selfdoodgedagtes erken, vind uit hoe ernstig dit is:

Het hy al ’n plan en ’n datum?

Het hy toegang tot die instrument/voorwerp wat hy wil gebruik?

Kry onmiddellik hulp en moet nooit iemand ignoreer wat sê hy wil sy lewe beëindig en jou van sy gedagtes vertel nie.

Raak betrokke

Leidrade vir jou betrokkenheid by iemand met selfdoodgedagtes behels:

Vorige selfdoodpogings: Iemand wie se selfdoodpoging(s) al vantevore misluk het, kan dit beslis in die toekoms weer probeer doen.

Gedrag en persoonlikheid verander in die tyd voordat ’n selfdoodpoging aangewend word:Die persoon sal ewe skielik onverklaarbaar positief wees, asof hy verlig is dat hy die finale besluit geneem het.

Iemand anders sal weer ál meer kanse waag en gevaarlike dinge aanpak in die hoop dat hy “per ongeluk” sal sterf.

Die gevaarligte brand wanneer iemand met ernstige depressie sy aardse besittings begin weggee.

Plan van aksie

Wat moet ek doen as ek vermoed iemand oorweeg selfdood?

Vra direk, luister sonder om te oordeel en moenie kritiseer nie.

Moenie sy terapeut probeer wees nie.

Moenie belowe om sy selfdoodplanne geheim te hou nie.

As jy bekommerd is, roep ander se hulp in.

Probeer die persoon oorreed om professionele hulp by ’n dokter, sielkundige of psigiater te kry.

Ondersteuning

Hoe ondersteun ’n mens iemand wat selfdood-gedagtes het?

Tieners: Lig onmiddellik ’n volwassene (verkieslik die persoon se ouers, naasbestaandes, onderwysers) daaroor in. Die persoon kan jou vra om die inligting geheim te hou, maar wanneer dit oor sy veiligheid gaan, kan die geheimhouding sy einde beteken.

Volwassenes: Stel die persoon se ouers, naasbestaandes of kollegas dadelik in kennis en bly by hom totdat hy in die aangewese persoon se sorg is.

Ouers: Laat so gou moontlik jul kind deur ’n sielkundige of psigiater evalueer.

Wat kan jy nog doen?

Luister met die nodige empatie.

Toon begrip vir die persoon se gevoelens. Dit kom voor of ’n depressievegter ’n normale lewe lei, maar sy gevoelens van hopeloosheid en hartseer is ’n werklikheid. Sê dat jy probeer verstaan hoe moeilik dit vir hom moet wees om so te voel.

Besoek die depressievegter. Jy is nie die terapeut nie, maar gaan kyk hoe dit met die persoon gaan en hoe hy die situasie hanteer.

Kyk nou die video: “Reboot my kop”.

YouTube video

In die praktyk

Niemand kies om selfdood gedagtes te hê nie. Wanneer iemand hom in ‘n ondraaglike situasie bevind en hy geen uitkomkans daarvoor sien nie, voel dit asof selfdood die enigste moontlike uitweg in sy huidige situasie is. Die brein is te siek om normale lewe aan die gang te hou. Dit kan die gevolg wees van ‘n depressiewe gemoed, fisieke pyn, armoede, verliese en liggaamlike of emosionele mishandeling. Wanneer enigiemand  na selfdoodplanne verwys, moet dit nooit geïgnoreer word nie, al dink of weet jy die persoon is nie regtig ernstig daaroor nie.

Kliek hier vir jou selfdoen-werkbladsye: “Die gelowige en depressie en wat om met selfdood gedagtes te maak”.