Aktiwiteit vir bedtyd: Lees en haal asem

Ons almal weet dat lees een van die aktiwiteite is wat kinders se taalvaardighede ontwikkel en vroeƫ geletterdheid bevorder. Navorsing wys dat wanneer ons saam met ons kinders lees, dit dele van die brein stimuleer wat die konneksie tussen ons en ons kinders versterk.

Langtermynstudies het getoon dat gereelde saamleestye tussen geboorte en vyf jaar die potensiaal het om uitdagende gedrag soos aggressie, hiperaktiwiteit en aandagafleibaarheid te bekamp. Daarom is saamlees ā€™n wonderlike aktiwiteit en iets wat ons doelgerig deel van ons roetine behoort te maak.

Wanneer ons saam met ons kinders lees, gaan dit gewoonlik gepaard met lekker cuddles, oogkontak en oomblikke wat ons emosies deel. Ā Binne hierdie gedeelde oomblikke leer ons kinders baie. Emosionele intelligensie ontwikkel, wat beteken dat jou kind met verloop van tyd groot emosies soos woede of hartseer kan reguleer en hanteer. Kinders is nooit te klein of te groot om baat te vind by lees nie.

Babas vind baat by prenteboeke met helder kleure en interaktiewe boeke waar die kind die flap kan oplig. Rympieboeke is ideaal en ontwikkel taal- en luistervaardighede. Kleuters geniet kort stories met interessante karakters en rympieboeke wanneer jou sing-sing stemtoon ouditiewe vaardighede stimuleer. Laerskoolkinders vind ook baat by rympieboeke, boeke met humor en strokiesprentboeke.

Tieners kies gewoonlik stories met ā€™n sterk tema en storielyn en karakters waarin hulle belangstel.

Maak saamlees deel van julle roetine. Saamlees is die antwoord. Dis daardie wind-down tyd wat alle kinders voor slaaptyd nodig het.mWanneer kinders ouer en hulle dae besig word, gaan dit dalk moeilik wees om elke aand daarby uit te kom. Dit kan egter steeds ā€™n mikpunt wees. Saamlees is ā€™n aktiwiteit wat emosionele tenkies volmaak en ontspanning van besige lyfies en breintjies veroorsaak.

Asemhaling

Moet jy jou longe daaraan herinner om in en uit te asem? Nee, ons dink meestal glad nie daaraan nie.

Die oorgrote meerderheid van ons haal verkeerd asem. Toe ons babas was, het ons reg asemgehaal. Babas haal deur hulle neuse asem en nie deur hulle monde nie (behalwe as hulle siek is). Die magie bult uit soos die lug ingeasem word en dan word dit weer kleiner en sak terug soos die lug uitgeasem word. Maar iewers in die proses van grootword verloor ons die vaardigheid om korrek asem te haal. Ons haal oor die algemeen te vlak en te vinnig asem. En dit is nadelig vir ons gesondheid en welstand.

Diep asemhaling is soos vitamiene vir die liggaam en dus ook die brein.Ā  Diep asemhaling word ook diafragmatiese asemhaling genoem, want wanneer ons so diep asemhaal dat die lug vanaf ons longe tot in ons abdomen gaan, aktiveer ons die diafragma.Ā  Die diafragma beweeg op en af, wat die vagus-senuwee stimuleer.

DiĆ© senuwee aktiveer weer die parasimpatiese senuweesisteem, wat die ontspanningsrespons aktiveer en die stresrespons verminder. Sodoende verlangsaam ons hartklop, daal ons bloeddruk en skop die voelgoedhormone in. Diafragmatiese asemhaling laat ons ontspan. Dit is belangrik en baie waardevol om ons kinders te leer omĀ  diep asem te haal.

Kom ons noem dit sommer ballonasemhaling vir ons Afrikaanse maats. Ons speel ons blaas ā€™n ballon op. Die ballon is in ons magies en ons maak dit vol lug. Ons magies word groter soos die lug daarin gaan en dan weer kleiner soos ons die lug uitblaas.

Begin jou kind leer hoe om reg asem te haal. Kinders so klein soos drie jaar oud sal dit kan doen. Sodra kinders ballon-asemhaling bemeester het, is dit iets wat hulle enige tyd en op enige plek kan doen. Dit is ā€™n lewensvaardigheid wat hulle vir die res van hulle lewe kan gebruik. Dit is belangrik om die asemhalingtegnieke te oefen as kinders wakker, kalm en ontspanne is. As hulle weet hoe dit voel om ballonasemhaling te doen wanneer hulle rustig is, sal hulle dit kan doen as hulle gespanne is. Dit is ā€™n heerlike aktiwiteit om voor slaaptyd te doen. Oefen sommer saam met jou kind. Jy sal gou agterkom hoe goed dit jou ook sal laat voel.

Hier is ā€™n paar idees hoe ons diĆ© belangrike vaardigheid vir ons kinders kan leer:

  • Blaas borrels.
  • As dit vir jou kind moeilik is om stadig en diep asem te haal, gee hom ā€™n strooitjie en laat hom suig en blaas. Suig jogurt, jellie en vla op. Blaas borrels in die bad.
  • Wanneer jou kind deur die strooitjie of pypies kan suig en blaas, kan jy met die asemhalingsoefeninge begin. Fokus aanvanklik net op die uitasem. Dit is vir kinders makliker om al hulle asem uit te blaas en julle kan lekker pret hĆŖ deur dit vinnig, stadig, hard en sag te doen.
  • Speel watte-sokker. Blaas ā€™n watteballetjie met ā€™n strooitjie of ā€™n pypie tot in die doelhok.
  • Hou resies met karretjies. Blaas die karretjies van die beginpunt tot by die wenstreep en kyk wie se karretjie wen.