Daar is verskillende tipes stories:
’n Goeie storie en een wat jou kind se hele brein sal aktiveer, is gewoonlik soos volg uiteengesit:
As ons stories opmaak of vir ons kinders stories vertel, kan ons hierdie struktuur gebruik om hulle aandag te behou, want hierdie storiestruktuur aktiveer die hele brein. Ons kan hulle deel maak van die storie en sodoende hul probleemoplossings- en besluitnemingsvaardighede verder ontwikkel. Wanneer julle by die probleemfase van die storie kom, vra vir jou kind wat hy sou gedoen het, wat hy dink die beste manier is om die probleem op te los, hoe hy dink die karakter gevoel het, hoe hy voel noudat hy die storie hoor. Dit bou jou kind se brein.
Stories kan die verhouding tussen ons en ons kinders bevorder. Kinders is gewoonlik mal daaroor as hul ouers vir hulle stories vertel. Stories – veral daardie stories wat julle as gesin en familie uniek maak – laat kinders veilig voel. Navorsing het bevind dat hoe meer kinders van hulle familiegeskiedenis weet, hoe beter is hulle selfbeeld en hoe meer veerkragtig is hulle.
’n Mary Poppins-sak is ’n goeie idee as julle ’n ver ent gaan ry of lank in ’n wagkamer moet gaan sit. Sommige van my vriendinne het sulke handsakke waaruit wonderlike goed hulle verskyning maak sou die nood druk. Van rosyntjies vir daardie gou-aandag-aftrek-voor-die-ineenstorting-medisyne tot ’n towerroompie wat elke skrapie kan regdokter! Hier is ’n paar idees wat jy gerus kan beproef vir jou handsak:
Maak seker dat die voorwerpe in jou handsak veilig is vir jou kind. Moet nie albasters of rekkies of kleiner voorwerpe vir kleintjies gee wat hulle in hul mond kan sit nie. Iets soos ’n bol wondergom of slym wat aan alles kan plak, is ook nie ’n goeie idee nie.